Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 28

JY RAAK MY NIE MEER

Оглавление

Jy raak my nie meer

die haartjies op jou wange

die bitterwit huisies van jou mond

die warm holte van jou hand

die soet lepel van jou tong

die droë distel van jou liefde

roer my nie meer

jy het glansloos geword soos dié om jou.

En nou eers na al die baie stil dae

kan ek sonder hartseer

aan jou dink

en bly wees oor jy nie weet

hoe my lekhart leegbloei

in my oë.

Eerste gedigte

Подняться наверх