Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 26

AGTER DIE ENGELSE KERK

Оглавление

Agter die Engelse kerk

lê ’n grys uil

dood

(reg onder die klok)

In die bos by Heuningspruit

huil ’n kiewiet in die gras

en teen die koppie

lê ’n groot klip

gebars.

By die rivier spoel ’n pienk bloes

en by die spruit het ’n wilgerboom gebreek

oor die krom wind hom vertel het:

Ons het mekaar vergeet.

Eerste gedigte

Подняться наверх