Читать книгу Vyf-en-veertig skemeraandsange - Breyten Breytenbach - Страница 5

Оглавление

dan sal ek luister na die suisende sing van die grond

en hierdie rokende skrywe nader trek

om domvinger met onbeholpe mond

kop nog stert te verstaan

van die brawe boodskappe

uit welige landskappe van weleer

waar vure geknetter het

om tog as vervloë geheue gedompel

in woorde nou koud soos skuim en soos as

weer voel-voel te verleer

hoe babbel die dood in my

soos ’n swaar geboorte:

“hier-hier is die hooglied van besinning se versinsels

hier blye oopgaandae van sing en sing en sing”

– Blackface Afrika

Vyf-en-veertig skemeraandsange

Подняться наверх