Читать книгу Vyf-en-veertig skemeraandsange - Breyten Breytenbach - Страница 6

1. ek het gedroom

Оглавление

ek het gedroom ek het my gedig

in die deuropening sien staan

met lig omstraal

en ’n papiertjie in haar hand

ek het die boodskap oopgevou

en daar byna onsigbaar geskryf sien staan

ek is die gedig waarvan jy droom

om na die lig te haal

maar ek is ook die donkerte

wat jy jou blind teen staar

die lewe leef

net in die openinge van die teks

en verbeelding, die verbeelde ding

waarvan jy toemond sing

Vyf-en-veertig skemeraandsange

Подняться наверх