Читать книгу Wildvreemd - Carina Stander - Страница 11

Ebro Botha

Оглавление

From: Ebro Botha [ebro@lantic.net]

To: ivaarde@gmail.com

Subject: RE: storiejag

Hahooi, Ingrid

Jou vonkpos lê al dae in my draft & muf. Thunderbird het uitgebom. Kuberplaag! Voel of alles hier opkonk. My gesin is besig om te krimp & krim & kri … Jip, my ouers skei. Amptelik des moers. Nou’s dit maar tarra, charra. Skielik lees my pa Men’s Health & my ma Facebook haar skoolboyfriend van 30 jaar gelede. Laaste twak was toe Pa se kollega vir hom ’n bobbejaanspinnekop uit die Bosveld bring. Ma freak toe heeltemal uit by die gedagte om die huis met ’n “harige minnares” te deel. Whatever blows your hair back, baby.:)

’n Bietjie meer oor myself (enough about me, let’s talk about me): Ek het besluit om uit die huis uit te trek, weg van alles wat so bloomin sielsdiep is. In die onpersoonlike stilte van my koshuiskamer sit & puzzle ek die jaar stuk vir stuk bymekaar. Ek weet voor my onheilige siel ek moet my regruk, anders gaan ek kop verloor. Dis crunch-tyd by die varsity. Ek moet aan die eindjaaruitstalling werk, maar my konsentrasie is ’n konsternasie. Die ratte kners. Ouch, ouch, ouch. Wat ek nodig het is ’n nuwe vonk vir my kuns, Ingrid. Iets van die wonderbaarlike/misterie/geheimenis/droomsfeer/mitologie. Ek lees nou ’n great boek waarin die skrywer vertel hoe die mitiese mens altyd ’n onmoontlike stryd moet stry. Dit help as hy/sy die taal van die onbewuste kan praat, die taal van dit wat voor die mens daar was, die primordiale, die taal van die dier (soos Mowgli & Tarzan). In mitologie is ’n bos/woud soms die simbool van vroulike genitalieë – ’n verdwaalplek waaruit nuwe dinge gebore word. ’n Innerlike wêreld, soos die wêreld van drome. ’n Droom is glo ’n private mite & ’n mite is ’n publieke droom.

I could be leading myself from the frying pan right into the fire, maar my gut sê daar is iets mities aan die vrou waaroor jy wil skryf. Sy klink baie soos die tradisionele portret van die nimf/sigeunerskoonheid/profetes. ’n Misunderstood genius. Op kunsteoretiese vlak sou mens kon vra: WAT wys die stom vrou nou eintlik? Watter simbole gebruik sy & HOE hou sy dit voor? Waarom breek sy die konvensies & kodes van die wit boerin? WIL sy die establishment dwing om te erken dat haar kaal voete, lang hare, bosblyery & byeboerdery oor ’n primitiewe mitologie beskik? Why does she flaunt her otherness?

Eisj, kyk net al die geskryf! (Genoeg geskryf, genoeg & motiveer u antwoord: waar/vals). Miskien moet ek goeienag sê & afsluit op ’n ligter noot/d: ek wil gaan piepie. :) Sien jou vroeg in Januarie? Daar’s ‘n lig in die wapad! The sky is the limit. To infinity and beyond!

Tjrrs.

Ebro

PS: In die San se rotskuns klouter stokmannetjies teen die klippe uit. As mens te lank in ’n grot bly, word jy blind. Ek moet hier uitkom, moet die son sien.

Wildvreemd

Подняться наверх