Читать книгу Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Hilda Lategan - Страница 7
Ontbytgeregte Maltabellapap met Milo
ОглавлениеLewer 2 porsies
VOEDINGSTOFANALISE PER PORSIE (± 125 ml): | ||||
334 kJ | 12,7 g CHO | 3,9 g proteïen | 1,1 g vet | 0,4 g MOVS |
0,3 g POVS | 0,4 g VV | 1,6 g vesel | GI is laag (59). | |
Een porsie is gelykstaande aan: 1 stysel. |
60 ml maltabellameel
15 ml hawersemels (oat bran)
10 ml Milo
125 ml vetvrye melk
125 ml kookwater
1.In die mikrogolf: Meng die maltabellameel, semels, Milo en ’n bietjie van die melk tot ’n gladde pasta. Roer die oorblywende melk en kookwater by. Mikrogolf vir 5 minute teen 100% (hoë) krag. Roer ná 2 minute elke minuut met ’n ballonklitser om klontvorming te voorkom.
2.Op die stoof: Maak die maltabellapasta soos in stap 1. Verhit die oorblywende melk en kookwater in ’n swaarboomkastrol tot kookpunt. Roer die pasta by en laat vir 5 tot 8 minute oor lae hitte prut tot dik en gaar. Roer af en toe om klontvorming en aanbranding te voorkom.
KAN EK DIT BÊRE?
Ja, die pap kan vir 24 uur verkoel word.
SPYSKAART-IDEE
125 ml maltabellapap met Milo
125 ml vetvrye melk
Hierdie kombinasie verlaag die GI tot 54.
VOORSTELLE OM DIE GI VAN DIE PAP TE VERLAAG
Wanneer maltabellapap gewoon met water gaargemaak word, het dit ’n hoë GI, terwyl “suurpap” ’n ietwat laer GI het. Suurpap word verkry wanneer maltabella of gemaalde sorghum volgens ’n tradisionele metode gefermenteer of aangesuur word, maar is nie vir alle Suid-Afrikaners ’n bekende gereg nie. Maltabella met Milo se GI is aansienlik verlaag deur die byvoeging van hawersemels en melk.