Читать книгу Vleiswond - Johann de Lange - Страница 11
PARK
ОглавлениеNá die storm
staan die bome
met krone oopgereën.
Elke klank is nat
en blink. Die wind ruik
na kroonden en mos
en jou oksels
na donker veen.
Later was jy
’n nuwe mens
met jou klere
afgestroop
vir die kennis-
maak, ons tonge
verstrengelde slange.
Terwyl jy vanoggend
nog onwetend slaap
skuif ek die laken af
en vind verlore
in die letsels op jou rug
God se kruiswonde terug.