Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 27

SPEEN VAN JOU EERSTE BABA

Оглавление

Babas is fisiologies ontwerp om tussen twee en drie jaar lank aan hul ma te drink, wat deels verklaar waarom hulle so lief is om te soog. Die nabyheid en vertroosting, asook hul instinktiewe gesonde aard, maak dit baie moeilik om hulle te speen, veral as hulle lank gesoog is. Jy het jou baba ’n lewenslange guns bewys deur so lank te borsvoed. Veels geluk!

As jy jou eerste kind nog borsvoed wanneer jy weer swanger raak, sal jy agterkom jou melk verminder en verander van smaak. Dit maak babas dikwels meer gewillig om gespeen te word. As jy heeltemal wil ophou voed vóór jy swanger raak, sal jy die meeste sukses behaal deur eenvoudig eensklaps op te hou voed en alle voedings te weier. Oorlaai jou baba met liefde en aandag en trek sy aandag af as jy sien dat hy ’n behoefte aan ’n voeding het. Jy kan ook sommige voedings weier. Dit verg moed, maar jy het jou deel gedoen en jy hoef glad nie sleg te voel as jy verkies om hom nou te speen nie. Jy kan natuurlik dwarsdeur jou swangerskap aanhou voed, tensy daar die gevaar van ’n miskraam is. Baie vroue ‘tandemvoed’ uiteindelik ’n baba en peuter. Wat jy ook al besluit, sorg dat dit die regte besluit vir jou is. Babas weerspieël hul ma se gemoedstoestand. As jy vol selfvertroue en ontspanne is, sal Baba dit aanvoel.

Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх