Читать книгу Monument - Maretha Maartens - Страница 11
ОглавлениеHoofstuk 7
[no image in epub file]
Op die eerste indraai na Winburg stop sy om ’n botterblom af te neem.
Yachin folter homself met geel blomme: gouedissels geraam in doringagtige venyn, geel madeliefies ná die rooi papawers van die Israelse lente. Na die wittes kyk hy nie eens nie. “ ’n Wit blom is geen uitdaging in swart en wit nie, Bubbeleh. White is white, given advantage. Probeer jy: ek stel hom op swart en wit. Neem hierdie een teen die agtergrond van die wintergras af.”
Só neem sy die botterblom af. Die smaak van tandepasta is in haar mond; sy het haar hare gekam. Ná die ontploffing kon mondspoelmiddel en Steradent nie die vreemde reuk uit Pa se mond haal nie. Ek kan nie naby hom kom nie, het Ma Chris gesê. Oor sy asem.
Margo kyk om haar rond. Huise met sonpanele op die dak; vyftien, twintig meter hoë lamppale; bidders in wit onder bome. Sinkstrukture, beeste, halfwas perskebome, armoede, kitsblink en Afrika links van die pad. Regs van die pad troon die suile van die Winburgse Voortrekkermonument, edel soos die orrelpype van Gideon Shamir se pyporrel in die musiekkonservatorium van die Universiteit van Haifa.
Hierdie land is ’n land van luite, fluite, harpe, trompette en die shofar, Bubbeleh. Die pyporrel is van buite, hier ingebring deur hulle wat ná sewe, agt dekades aliyah van Europa af gemaak het. Om orrels in Israel te bou is om bakens te bou op ’n pad wat nie bestaan nie. Gideon Shamir weier om te aanvaar dat niemand ná hom hier pyporrels sal bou nie. Hy is ’n man met ’n hardnekkige geloof.
Klim in die kar en ry, Margo, vermaan sy haarself. Ma Chris is swak en deurmekaar, klink so op die selfoon.
Sy sukkel om die huis op te spoor. Sy was nog net een keer daar, in 2007, en ook net vir een nag, want Lukas Lubbe sou die volgende dag terug wees van China af. Ma Chris het die heilige nag soos ’n staatsgreep beplan: moenie dat ons só uitmekaargaan nie, Margo. Ek sal jou nie moeg maak met verontskuldigings nie. Ons kan net weer op die banke lê en sjokolade eet en musiek luister, orrel en Pavarotti en Randall Wicomb. Ek sal karringmelkbeskuit bak, ons ou pizza maak.
“My pa is dood. Was Ma toe bly oor sy beroerte voor jou en Lukas Lubbe se troue?”
“Asseblief, Margo.”
“Ek en Oumbecca het Ma gesmeek, maar nee.”
“Laat my dan net op my knieë voor jou staan, my kind.”
“Moenie simpel wees nie. Ma moes op Ma se knieë gestaan het toe Ma lus gekry het om Pa te verneuk. Nie voor my nie, voor God. Dis mos van Hom wat julle my altyd vertel het: Ons lewe vir God, Margo. Dink altyd aan God, Margo, dan bly jy op die straight and narrow.”
“Dit sal net ons twee wees, my kind. Ek sal vir Evangeline af gee.”
“Waar beplan Lubbe om die nag te gaan skuil? In ouma Grot se grot in die Korannaberg?”
Die volgende kap was gemeen, sy het gekap om die band tussen hulle af te kap.
“Kom ek sê vir Ma wat ek daardie grot nou noem: die grot van hoereerders. Dis in Ma se gene.”
“Hy is China toe,” het Ma Chris ná ’n lang stilte gesê. “Kom asseblief.”
“Toe staan Lubbe langs my by sy kis. Nou moet ek Ma vergewe!”
“Jy hoef my nie te vergewe nie. Maar ek het reeds twee kinders verloor: een wat verdrink het en …”
“Toe skei Ma van sy pa, oor hy Ma nie kon troos nie.”
“Jy’t nog nie ’n kind verloor nie, Margo.”
“Ander kom daaroor.”
“Adriaan laat nooit van hom hoor nie …”
“Ma het hom versmoor. Hy was nog nooit van plan om te verdrink nie, hy swem soos ’n vis. Ma kon hom gelos het, dan het hy nie soos ’n bees losgeruk nie.”
Verslae stilte.
“Ek kan jou nie ook nog verloor nie, Margo. As ek in jou oë die onvergeeflike sonde begaan het, laat my sonde dan vir jou onvergeeflik wees. Maar jy is op pad Israel toe. Ek wil net weet jy’s nog my kind.”
“Ma is pateties.”
Alles en almal wat sy nie daar verwag het nie, is in Lukas Lubbe se huis: ’n sterk urinereuk, die harde dreuning van ’n wasmasjien op die Sondagmiddag, ’n bejaarde man wat die voordeur vir haar oopmaak, sy gesig beeldhouermateriaal.
“Margo?”
’n Hond spring uit die donker agter hom, maar hy gryp die dier aan sy halsband. Die hond kap met sy voorpote in die lug, tande ontbloot.
’n Vrou kom haastig om die hoek: kort, donker hare, bruin oë, ’n streep sproete oor die neus, halssnoer van deursigtig-helder glaskrale.
“En nou?” vra sy verbaas.
Hulle kyk oor die hond se gebeur en gegrom in mekaar se oë. Vir ’n oomblik dink Margo sy is by die verkeerde adres, maar die vrou maak haar arms oop.
“Margo!” roep sy uit.
Dís dan die hond wat vir Ma Chris oppas. Hy was drie maande oud toe sy hom gekry het, DBV-weggooidier, woedend omdat hy weggegooi is, reg om enigeen te verskeur. Ek moes ’n hond kry, het sy geskryf, met al die moorde oral op die platteland.
Die hond se naam is Michael, soos dié van die aartsengel Michael, die oorlogsengel. Want dis weer oorlog, die oorlog hou nooit op nie. Dis die oorlog van ou vroue teen verkragters.
Margo groet die hond voordat sy die vreemdelinge groet. Hy grom immers, hulle arms is oop. “Hi, Michael!”
Die hond val terug uit sy boosaardigheid, hy staan op vier pote, maar sy stert swaai nie.
“Genene,” stel die vrou haarself voor. “En dis my man, Piet du Toit. Het jy goed gery? Jou ma is wakker, sy kan nie wag nie. Kom sommer deur.”
Die deure uit die gang is almal oop; deur die oop deure sien Margo oop vensters agter diefwering. In een van die vertrekke kyk ’n man televisie en sit ’n jong kind vasgevang in wat ook al op sy selfoonskerm gebeur. ’n Swart vrou in ’n rok so oranje soos ’n Cheetah-hemp staan en skottelgoed was. Die kombuis is deurmekaar: borde oorskietkos, kastrolle nog op die stoof, vlieë in die lug en op die borde.
Hulle loop verby; net die vrou by die wasbak kyk op.
“Is julle die Genene en Piet van wie my ma altyd geskryf het?”
“O, het sy van ons geskryf?” vra Genene.
“Aanmekaar,” sê Margo. Maar ek het geen kommentaar gelewer nie. My ma kon haar briewe netsowel in die wind gaan strooi het. Ek het hulle ontvang, gelees en opgeskeur. Behalwe jou karringmelkbeskuitresep, dit was by een van die briewe. Ek bak dit vir Yachin.
Margo, ek het vir jou ’n fotostaat laat maak van wat die bure wat ons nou hier op Winburg het, oorgekom het. Ek het nooit geweet dis hulle nie, die vrou ten minste. Sy was ’n weduwee toe sy met Piet du Toit getroud is. Sy bak die lekkerste karringmelkbeskuit, hulle het vreeslik gekap en verbou in die huis hier langsaan, dis haar kinders en Piet se kinders en die klomp kleinkinders tussen hulle, alles so doodgewoon. Toe, verlede week, praat ons van die plaasmoorde en sy sê haar eerste man is op die trappe by die voordeur van hulle huis op Stölberg by Ficksburg doodgeskiet.
Ek was so geskok, mens verwag dit nie. Sy het vir my die Ficksburg Times van 16 Mei 2008 gebring. Ek sit vir jou die fotostate in by die brief.
Another farm attack claims farmer’s life
An attack on the Moll’s family farm, Stölberg in the Ficksburg district, at about 19:00 on Friday 9 May 2008 claimed the life of Mr Jacques Moll (64) and left Mrs Genene Moll (58) wounded in the mouth and foot and their son, Xavier, tied up. Mrs Moll was taken to the local hospital and then transferred to the Hoogland Medi-Clinic in Bethlehem.
Mrs Moll arrived at the farm with her three grand-children and in the house she found five unknown men armed with pistols and rifles who ordered her to keep quiet and then tied her up.
Jacques, who had been trying to contact his wife on the landline telephone without success, suspected that something was wrong and arrived at the farm ten minutes later. Immediately on entering the house he was shot dead, the bullet going through his heart.
Xavier Moll, suspecting that something is wrong at his parents’ house, rushed to see what the problem was, but on arrival a firearm was pointed at him and he was also tied up. The attackers demanded money and eventually left the scene with three cellphones, a pistol, a pump-action rifle and the Moll’s white Toyota Hilux bakkie.
The gang appeared to have been well organized as it is believed they were in contact with others by two-way radio.
While the police were on their way to Stölberg, they received a report that the Moll’s neighbour, Mr Nick van den Berg (51) of the farm Daskop, had also been shot, probably by the same gang. On his way back to his farm at about 19:30 he had received an SMS message regarding the Stölberg attack. When he came across the Moll’s bakkie on the Hammonia Road he gave chase, eventually finding the bakkie abandoned near the town dumping site.
He stopped his vehicle behind the abandoned bakkie, but before he could get out, a volley of eight shots was fired at him, one of which wounded him in the right arm. Another went through his right thigh and lodged in the left thigh. Nick was admitted to the local hospital and later transferred to Universitas Hospital in Bloemfontein.
On Saturday the Ficksburg Crime Prevention Unit under command of Capt. André Claasse recovered the Moll’s bakkie at Meqheleng’s Zone 6 near the Lesotho/RSA border. It is believed that the suspects had tried to smuggle the vehicle through the river to Lesotho.
One rifle recovered by the police and believed to have been used in these two shooting incidents, was one of the fourteen stolen in a recent burglary at the farm Rensburghoek, also in the Ficksburg district.
No arrests have been made and it is suspected that the gang is in Lesotho. The case is being investigated by both the SA Police and the Lesotho Mounted Police Service.
The police appeal to the communities of both countries to report any information that may lead to the arrest of the five suspects. Insp. Jan de Klerk is the investigation officer. The station commander at the Ficksburg Police Station can be contacted at 051 933 9607.
Die urinereuk word sterker, waarskynlik die rede waarom Piet du Toit met Michael in die sitkamer agtergebly het. In die koue gang lyk Genene soos die boervroue van die Hoëveld: kwikstertjiestap, geen nonsens, geen watte, geen gram oortollige liggaamsvet.
“Ek is jammer oor die ongelukkie net voordat jy die klokkie gelui het,” sê sy. “Alles is skoon oorgetrek, maar jy weet hoe dit met dié soort reuke is as dit deur die onderlaken tot in die matras is.”
“Ek het nie eens agtergekom van ’n reuk nie.”
“Sy het haar kateter uitgetrek. Sy haat dit. Maar dit sal wreed wees om haar hande aan die traliekante vas te bind. Sy is so ’n …”
Genene gaan staan. “Jou ma is so ’n góéie mens. As jy moet weet wat sy al vir my beteken het …Dan trek ek liewer die bed oor.”