Читать книгу Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) - Marita van der Vyver - Страница 3

Deel 1 Hoe om hierdie boek te gebruik

Оглавление

Met die keuse van hierdie roman as voorgeskrewe werk vir gr. 12-leerders, het jy waarskynlik ’n behoefte om

1.hulp (assistance) te kry ten opsigte van sekere inhoudelike en literêre sake;
2.leiding (guidance) te kry oor wat tydens assessering van jou verwag sal word.

Hierdie boek sal jou help omdat dit vir jou baie inligting (infomation) gee sodat jy die roman beter sal verstaan. Dit gee jou nie net die romanteks nie, maar sluit ook die volgende in:

 Elke hoofstuk van die verhaal het ’n opsomming (summary) – “In ’n neutedop”.

 Elke hoofstuk bevat woordverklarings (word explanations) waarin moeilike en vreemde woorde verduidelik word.

 In sommige gevalle word die Engelse vertaling (translation) in kursief (italics) gegee.

 Verwysings (references) in die verhaal na byvoorbeeld Anne Frank, Perdita, ensovoorts word ook verduidelik.

 Oor elke hoofstuk word ’n aantal vrae en opdragte (ques­tions and assignments) wat jy tydens assessering kan ver­wag, gestel.

 Moontlike antwoorde (possible answers) en werkswyses is ingesluit.

 Daar is ’n glossarium (alphabetical list of words) wat sekere literêre teorieë en terme verduidelik.

 ’n Resensie (review) is ook ingesluit.

 Assesseringsmatrikse

Hou die volgende in gedagte tydens jou lees en bestudering van die verhaal:

 Gebruik ’n aantekeningboek (notebook) waarin jy belangrike inligting kan neerskryf. (Vrae wat jy vir jou onderwyser wil vra, nuwe inligting wat jy tydens klasbesprekings kry, en­so­voorts).

 Maak seker dat jy elke woord, idioom en sin verstaan.

 Probeer eers self die vrae beantwoord en vergelyk dit dan daar­­na met die antwoorde wat gegee word.

 Beskou die antwoorde as riglyne (guidelines) en nie as die enigste moontlike antwoorde nie.

 Voorgeskrewe boeke moet ’n hele paar keer deurgelees word – saam met jou onderwyser en selfs saam met jou maats.

 Jou leeswerk eindig nie hier nie – maak seker dat jy ook an­der boeke lees.

Gee aandag aan die volgende wanneer jy vraestelle beantwoord:

 As gevra word vir volsinne (full sentences), sorg dat die sin met ’n hoofletter begin, dat dit ’n werkwoord (verb) bevat en dat dit afgesluit word met ’n punt, vraagteken, uitroepteken of ellips. Al die ander letters is kleinletters behalwe die eerste letter van eiename (proper nouns).

 Skryf alles in lopende skrif (cursive writing). Sodoende sal die eksaminator nie twyfel oor hoofletters en of die woord los of vas gespel is nie.

 Maak seker dat jy die terme wat in literatuurvraestelle ge­bruik word, ken, byvoorbeeld benoem, beskryf, vergelyk, ver­dui­­delik, motiveer. (name, describe, compare, explain, motivate)

Inleiding

Die roman as genre

Die roman (novel) is die naam wat teen die Middeleeue aan die langer geskrewe prosastukke gegee is wat nie soos ander geskrifte in Latyn nie, maar in die taal wat mense gepraat het, naamlik lingua romana, geskryf is. Die moderne roman word steeds in prosavorm (volledige sinne) geskryf en vertel ’n langer storie wat soms in hoofstukke verdeel is. In die meeste romans is daar ’n sentrale tema of ’n aantal temas. Die belangrikste elemente van die roman is die

 karakters

 gebeure (events)

 milieu

Karakters

Dit kan mense of diere in die verhaal wees wat sekere dinge doen en sekere emosies beleef. Karakters in een verhaal is nie almal ewe belangrik nie en daar word gewoonlik onderskei tussen hoof­karakters en newekarakters. Daar word dikwels verwys na ronde karakters wat goed beskryf word en wat die leser goed leer ken, teenoor plat karakters, wat nie so volledig beskryf word nie en meer op die agtergrond is. Ons leer die karakters ken deur:

 hulle woorde en gedagtes

 wat ander karakters van hulle sê

 hoe hulle in verskillende situasies optree.

Die taalgebruik van ’n karakter moet geloofwaardig (credible) wees. Dit beteken dat die woordeskat, uitspraak, ensovoorts by die karakter moet pas. Grootmense (adults) moet nie soos kinders praat nie en andersom (vice versa) is ook nie aanvaarbaar nie. Te veel platvloerse (banal) taalgebruik kan vir die leser ook hinderlik (annoying) wees.

Gebeure

Gebeure verwys na alle handelinge (actions), emosies en den­ke (thoughts) in die verhaal. Opeenvolgende gebeurtenisse (conse­cutive events) word fyn deur die skrywer beplan sodat die leser die karakters kan leer ken. Verder word dit ook gebruik om die spanningslyn (line of suspense) in die verhaal te ondersteun en die leser geïnteresseerd te hou.

Alle gebeure in die roman moet funksioneel wees. Dit beteken dat gebeure wat nie waarde toevoeg tot die verhaal nie, nie in die verhaal hoort nie.

Verskeie soorte romans kan onderskei word, byvoorbeeld ’n reis­verhaal, ’n biografie (biography), wetenskapfiksie (science fic­tion), speurverhaal (detective story), en so meer. In die meeste ge­­valle is die verhaal ’n spel tussen die werklikheid (reality) en fiksie.

Die roman verskil van ’n ander genre soos die drama deurdat die drama nie eintlik gelees word nie, maar bedoel is om op ’n ver­hoog opgevoer (performed on stage) te word. By nog ’n genre, poësie, is die ekonomiese gebruik en keuse van woorde belangrik. ’n Romanskrywer het baie meer woorde tot sy/haar beskikking omdat ’n situasie of ’n toneel in volledige sinne beskryf word.

Milieu

Die milieu sluit in:

 Tyd Dit verwys na wanneer (byvoorbeeld drie-uur Dinsdag, Januarie, tien jaar gelede, die toekoms), vir hoe lank (by­voor­beeld ure, dae, jare) die gebeure plaasvind. Verhale word dik­wels chronologies vertel – van die begin tot by die na­tuur­like einde. Skrywers gebruik verskeie tegnieke om die gedrag van karakters uit te beeld: Terugflits (flash-back) – gaan terug na die verlede; Vooruitonthulling (disclosure) – sê wat later in die ver­haal gaan gebeur;

 Ruimte Dit verwys na die plek of plekke waar die karakters die gebeure beleef. Deur die gebruik van bekende plekke word die verhaal baie realisties beleef.

 Agtergrond Dit word gebruik om na tydperke en om­stan­dighede te verwys en sluit tyd en ruimte in.

Die funksies van die milieu:

 Dit maak die boek geloofwaardig (credible).

 Die leser leer meer oor verskillende lewenstyle (life-styles).

 Dit skep atmosfeer (mood).

 Dit verskaf agtergrond tot die sentrale konflik in die ver­haal.

 Dit bou die tema van die verhaal uit.

Die verteller (narrator)

Die skrywer kies ’n verteller om die verhaal te vertel. Dié persoon sê wat gebeur, hoe die ruimte lyk, en beskryf die karakters. Die skry­wer is nie die verteller nie. Die verteller is die stem (voice) wat aan die woord is. Die verteller skep die ruimte waarbinne die verhaal afspeel; bewerkstellig die verloop van tyd in die verhaal en dra die emosionele, sosiale en morele aard van ’n karakter op verskillende wyses aan die leser oor.

Eerstepersoonverteller (ek-verteller) (“I”/first person narrator)

Kenmerke:

 ’n Eerstepersoonverteller is self ’n karakter in die verhaal – gewoonlik die hoofkarakter (main character).

 Woorde soos “ek”, “ons”, “my” kom gereeld voor.

 Die illusie van werklikheid (reality) en geloofwaardigheid (credibility) word deur hierdie tipe verteller geskep.

 Die tipe verteller gee net sy/haar eie gedagtes en ervaring (experience). Die leser kry dus nie die ander karakters se pers­­­pektief nie. Aan die ander kant kan hierdie gebrek aan perspektief die spanning (suspense) verhoog, wat tot voor­deel van die verhaal kan wees.

Derdepersoonverteller (third person narrator)

Kenmerke:

 ’n Derdepersoonverteller is as ’t ware onsigbaar (invisible) en is nie ’n karakter in die verhaal nie.

 Hy of sy verwys na die karakters deur hul name of voornaamwoorde (“hy”, “sy” of “hulle”) te gebruik.

 So ’n verteller kan soms alwetend (omniscient) en alom­teen­woordig (omnipresent) wees.

 Hy of sy ken gewoonlik die karakters beter as wat hulle hul­self ken, wat hulle dink en beplan, hoe hulle voel en hoe hulle gaan optree.

 Die leser kan sien wat in al die karakters se gedagtes om­gaan.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Подняться наверх