Читать книгу Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) - Marita van der Vyver - Страница 4

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom as roman

Оглавление

Die soort roman waarmee ons hier te doen het, is die jeugroman (youth novel) en dit teiken tienerlesers. Hoe ouer die tiener word, hoe minder stel hy/sy belang in verhale wat nie geglo kan word nie, soos diere wat praat en mense wat soos Superman kan vlieg. Tieners kan hulle beter inleef in verhale wat gaan oor dinge wat hulle ken en wat ook met hulle kan gebeur.

In Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom skep die ver­wysing na bekende plekke soos Kaapstad, Tafelberg, Piketberg, die illusie dat dit ’n ware (true) verhaal is. Die moderne tiener kan maklik identifiseer met moderne dinge soos selfone en vier­trek­voertuie (4X4s) en moderne temas soos homoseksualiteit en proefbuisbabas (test tube babies). Die verbeelding (imagination) waarmee hierdie temas in die verhaal hanteer word, betrek (involve) die leser op ’n interessante manier.

Hierdie verhaal word vanuit die perspektief van die eerste­per­soonsvertelling gedoen. Hanna Hoekom is die hoofkarakter en die “stem” wat die verhaal die hele tyd vertel. Ons weet die hele tyd wat sy dink en wat haar emosies is, maar ons weet net so min soos sy wat die ander karakters dink en ervaar. Omdat sy so ’n fyn waarnemer (observer) is en die leser dit duidelik kan raaksien, skep haar vertelling vertroue (trust) by die leser.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Подняться наверх