Читать книгу 'n Uur van lig - Nina Smit - Страница 54

Оглавление

17 Februarie – Loof God omdat Hy by jou is

17 FEBRUARIE

Lees: Matteus 1:22–25

Loof God omdat Hy by jou is

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons. – Matteus 1:22–23

Met die geboorte van Jesus kom God onder mense woon. En wanneer Jesus die Heilige Gees na die wêreld stuur, ervaar elke gelowige God se teenwoordigheid. Elke mens het ’n “God-shaped vacuum” in sy lewe, skryf Pascal.* Ook al ken ons God nog nie. Hierdie hunkering kan net bevredig word deur God in ons lewe in te nooi. Dawid beskryf dit pragtig in Psalm 63:2–3: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land … Ek wil by U in die heiligdom wees …” en in Psalm 42:2: “Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.”

Sonder God is ’n mens se lewe uitsigloos en hét jy nie ’n toekoms nie. Maar saam met Hom weet jy dat jy nooit weer alleen sal wees nie én dat jy eendag ’n vaste adres in die hemel sal hê. As jy nog nie aan God behoort nie, moenie langer wag om jou hart en lewe aan Hom oor te gee nie. Hy is die enigste Een wat die verlange in jou hart kan stil maak en jou met Homself kan vul, sodat sy rus en vrede vir altyd jou lewe sal binnekom.

Here Jesus, ek loof U dat U God by my is en dat u Heilige Gees in my woon. Dankie dat U my nooit sal verlaat nie; dat ek my elke dag in u teenwoordigheid mag verlustig. Amen.

* Pascal

'n Uur van lig

Подняться наверх