Читать книгу Ondergang - Terri Blackstock - Страница 11

Оглавление

Hoofstuk 8

Hoofstuk 8

Die Wreker se vingers trommel op maat van die kletsrymlied oor die radio terwyl hy na die Covingtons se straat ry. As hy gelukkig is, sal hy die polisiemotors en brandweer saam met ’n ambulans daar sien staan, net soos by die moordtoneel. Hy verlustig hom in die gevoel van mag. Hy alleen het al hierdie oproer veroorsaak sodat polisiespanne op dieselfde oggend na twee verskillende plekke uitgestuur is.

En hulle weet nog nie eens die helfte daarvan nie. Terwyl hy bestuur, stel hy hom die pyn voor wat Emily moet verduur. Dalk brandwonde op haar pragtige, ligte vel. Dalk die skending van haar mooi gesig. Die vrees dat hy weer sal toeslaan …

Hy ervaar ’n vlaag van opwinding toe hy by die straat indraai en twee polisiemotors en ’n brandweerwa voor die huis sien staan. Hy lag en stel die musiek sagter om nie die aandag op hom te vestig nie. Hy sit ’n donkerbril op sodat niemand hom moet herken nie en ry teen normale snelheid verby.

Emily staan in die voortuin met skuim wat soos vars sneeu oral om haar lê. Sy het toe glad nie seergekry nie. Hulle het klaarblyklik die brand geblus voor enigiemand seergekry het.

Nou ja, dis ook oukei. Die bom het in elk geval gewerk.

Hy probeer dink wat nou sal gebeur. Hulle sal nie die bom met hom kan verbind nie. Hy het seker gemaak dat daar geen vingerafdrukke is nie. Dit was net ’n bottel, petrol, kleefband en ’n elektriese draad. Niks wat hulle na hom kan lei nie.

Emily sal nou angsbevange wees en gedurig oor haar skouer loer uit vrees vir die persoon wat haar wil doodmaak. Dit is wat hy wil hê. Sy en haar oulike gesinnetjie sal in vrees leef.

Hy sal dit geniet om ’n ruk lank met hulle te speel voordat hy dit finaal beëindig.

Hy lag hardloop terwyl hy weer die musiek harder stel, ry toe ’n paar kilometer verder en gaan hou in ’n stegie stil om ’n streep kokaïen op te snuif. Hy is bomenslik, in beheer, heerser oor sy onderdane. Onaantasbaar en onkeerbaar. Hy het die afgelope twee dae ‒ sedert hy sy vryheid verklaar het ‒ niks geslaap nie, en hy kan nie onthou wanneer hy laas geëet het nie. Hy het geen behoefte aan die dinge wat gewone mense vir oorlewing nodig het nie.

Die lewe was nog nooit lekkerder as nou nie.

Ondergang

Подняться наверх