Читать книгу Uit die Beek 2019 - Barend Vos - Страница 4

Voorwoord

Оглавление

Uit die Beek is Afrikaans se oudste Bybelse dagboek. Die eerste weergawe hiervan het reeds in 1925 verskyn, in Nederlands, en sedert 1927 as Uit de Beek. Die naam is waarskynlik ontleen aan Psalm 110 se laaste vers soos dit in die Nederlandse Bybel lui: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.”

In 1929 is dié dagboek vir die eerste keer in Afrikaans ge­publi­seer, met die titel wat dit sedertdien dra. Dit is klaar­blyklik ’n veelgebruikte en geliefde dagboek, wat uiteraard hoë verwagtinge aan die skrywer daarvan regverdig. ’n Groot dankie, dus, aan elke leser wat 2018 se Uit die Beek gekoop en gebruik het én wat dit met 2019 se uitgawe waag. Dit is weer my groot voorreg om hierdie daaglikse oordenkings aan gelowiges te bied.

Die daaglikse Skriflesings volg, soos in 2018, grootliks dié van die bekende leesrooster, Revised Common Lectionary (RCL), en wel van die liturgiese Jaar C. En met die aanbreek van Advent 2019, dié van Jaar A. Die RCL word wêreldwyd gebruik, ook met groot vrug en vreugde deur baie gemeentes in ons land.

My gebed is dat almal wat dié boek gebruik, sal ervaar hoe die Woord elke dag hul dors les.

BAREND VOS

Warrenton, 30 September 2018

Uit die Beek 2019

Подняться наверх