Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 44

week 11 . dag 1

Оглавление

Familie

God is ’n God van orde. Dít vind ons regdeur die skepping. Neem gesonde gemeenskappe as ’n voorbeeld. Gesonde gemeenskappe word opgebou deur gesonde gesinne. Die geheim van ’n gesonde gesin is om God se rangorde te volg: God heel bo, dan die man, dan die vrou, dan die kinders en heel onder die diereryk.

Sou enigeen van hierdie groepe uit die rangorde beweeg deurdat een gesinslid ’n ander se plek probeer inneem (byvoorbeeld, ’n vrou wat haar man se gesag ondermyn en self die hoof van die huis probeer wees of kinders wat teen hul ouers rebelleer, ensovoorts) veroorsaak dit wanorde wat die hele gesin raak. Ook laat dit ’n gaping in die piramiede wat ’n geleentheid vir die vyand skep om die hele gesin aan te val en te verwoes.

Net soos wanorde konflik veroorsaak, families laat uitmekaar spat en gesinslede van mekaar vervreem, sal vrede en kalmte neerdaal wanneer al die lede van die gesin hul plekke inneem soos wat God dit bepaal.

FAMILIE was deel van God se skeppingsplan vir die wêreld. Eer jy God deur terug te klim in die orde wat Hy vir die huisgesin bestem het?

Die rol van elke familielid:

•Man teenoor vrou: Kolossense 3:19; Efesiërs 5:21, 25-29; 1 Petrus 3:7.

•Vrou teenoor man: Titus 2:4-5; Kolossense 3:18; Efesiërs 5:21-24.

•Pa teenoor kinders: Efesiërs 6:4; Kolossense 3:21; Spreuke 13:24; 19:18; 29:17; Hebreërs 12:7-10.

•Ma teenoor kinders: Titus 2:4; 1 Timoteus 5:14; Spreuke 31:10-31.

•Kinders teenoor ouers: Kolossense 3:20; Efesiërs 6:1-3; Spreuke 31:28.

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх