Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 51

week 12 . dag 4

Оглавление

Teksverse en vrae

Teksverse vir die week

•Lukas 11:9-10: “Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”

•Haggai 2:8: “Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige.”

•Maleagi 3:8-10: “Sal ’n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: ‘Waarvan beroof ons U?’ Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds ’n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”

•Spreuke 3:9-10: “Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.”

•1 Timoteus 6:10: “Geldgierigheid is die wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.”

Vrae om oor na te dink

1.God is ons FINANSIER. Wat beteken dit vir jou?

2.Lees weer Lukas 11:9-10. Vertrou jy God genoeg om Hom te vra wat jy benodig?

3.Lees Matteus 6:24. Kan jy met ’n geruste hart sê dat God vir jou belangriker is as geld?

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх