Читать книгу die na-dood - Breyten Breytenbach - Страница 35
winterswael
Оглавлениеwoorde is maar net die vakkies
waarin die gedig weggelê word
beweging vir beweging ingebed
om soms (uit skrik?)
op te vlieg
en die vlerke te ontplooi
soos klanke gepén in saamword
voor wil gee die voël is gemaak vir vlug
wat is die gedig
anders as ’n veerveeg skaduwee
voor die lig?