Читать книгу Bloed, dunner as water - Charné Kemp - Страница 12

Tieners as ouermoordenaars

Оглавление

Dr. Larissa Panieri-Peter, Kaapse forensiese psigiater in privaat praktyk, het in die verhoor van Don Steenkamp ter strafversagting getuig.

Sy het ook getuig oor tieners wat hul ouers vermoor.

Die belangrikste ontdekking in neurowetenskap is dat ’n sekere deel van die brein wat oordeel en impulse beheer nie so goed ontwikkel is in die tiener soos in ’n volwassene nie. Onnodige sinapse in die brein word in puberteit gesnoei. Sekere kwesbaarhede kom na vore in die reeds stresvolle omgewing van die tiener.

’n Tiener kan onderskei tussen reg en verkeerd. Tog is hul oordeel en hul besluitnemingsvermoë neurologies nie dieselfde as iemand van 25 jaar nie. Maar dit is verkeerd om te sê ’n rebelse tienerseun gaan ’n probleem-volwassene wees. Tienerseuns is normaalweg meer aggressief en impulsief. Dit maak hulle potensiaal meer gewelddadig en minder verantwoordbaar.

’n Mens moet eerder vra waardeur die tiener gaan.

Puberteit is ook die tydperk waarin geestesiektes kan ontwikkel. Geestesiektes kom soms eers redelik laat in die tienerjare te voorskyn. Uit ’n psigiatriese oogpunt en volgens neuro­wetenskap is die tienerbrein, wat steeds aan die ont­wikkel is, meer vatbaar vir rehabilitasie-invloede, meer as volwassenes.

Die graad van ernstige misdade neem toe namate die misdadige tiener ouer word. Toegang tot vuurwapens maak die tiener se potensiële dade meer dramaties.

Tieners het nie beheer oor hul wêreld nie. Hulle het nie keuses oor waar hulle woon, watter skool hulle bywoon, by wie hulle woon of hul huislike (dalk gevaarlike) omstandighede nie. Hoewel hulle groot en eintlik selfstandig is, kan hulle nie hul omstandighede maklik verander nie.

Wanneer die tiener sy ouers doodmaak, is dit weens aggressie teenoor hulle. Hul sibbe word gedood omdat hulle as die ouers se bondgenote gesien word, van ’n dominante vyandige vader. In die oë van die oortreder is almal ewe verantwoordelik vir die ouers se onderdrukkende gesag. Die tiener wil uitkom onder die ouer se tirannie.

Die antisosiale gedragsteuring-groep van tienermoor­denaars vorm ’n baie klein subgroep in die geval van ouermoord.

In die een subgroep van ouermoordgevalle in die lite­ratuur was daar net twee uit twintig gevalle wat vooraf antisosiale gedrag getoon het, het Panieri-Peter getuig. Hul motief was geld, maar die meeste het ook dwelms gebruik. Daar was nie groot erfgeld ter sprake soos in die Steenkamp-geval nie.

Hulle was lankal by konflik betrokke en het ’n ag­tergrond van meervoudige vorige misdadige gedrag. Die konflik neem toe soos die ouers meer en meer grense stel.

Bloed, dunner as water

Подняться наверх