Читать книгу Bloed, dunner as water - Charné Kemp - Страница 13

Tieners neem besluite in oomblikke

Оглавление

Wanneer kinders hul tienerstadium bereik, is daar verhoogde aggressie wat op verskeie maniere kan uitspeel.

Fantasieë oor wraak gee ’n illusie van krag en mag, in teenstelling met hulpeloosheid. Dis ’n poging om die oorweldigende hulpelose gevoel met mag te oorkom. Wraakgedagtes word ook uit skaamte en herhaaldelike vernedering gebore. Wraaksug word dan geregverdig.

Eerder as om oor die gevolge van die daad te besin, is daar ’n egosentriese gevoel van regverdigheid. Omdat die slagoffer dit verdien het en die vernedering dan sal ophou.

’n Mens moet egter onderskei tussen tieners wat nie gevolge begryp nie, en volwassenes, meen Panieri-Peter. Dit is nie dat tieners die gevolge nie begryp nie, hulle dink net nie daaraan nie.

Vernedering is ’n onbewustelike proses wat geweld ontlok, maar daar kan ook openlike en bewustelike gevoelens van vernedering wees. Laasgenoemde is ’n heeltydse en pynlike gevoel van mislukking, bespotting en verwerping.

Die onvermoë om die mishandelaar te vergewe is die gevolg van ’n oop narsistiese wond. Die slagoffer se gevoel van onregverdigheid oorheers morele beheer en dryf die ouermoord met narsistiese woede aan.

Uit haar ondervinding bevestig dit dat die mens in ’n oomblik tot die brutaalste geweld teenoor mekaar in staat is, sê Panieri-Peter.

Daar is ook belangrike navorsing wat sê tieners wat hul ouers vermoor as gevolg van langdurige mishandeling, kan wel herstel en aanpas. Dit hang van die ondersteuning af. Wanneer ’n tiener sy ouers vermoor, is dit ’n rampspoedige gebeurtenis, skynbaar uit die bloute, maar daar is ’n beter kanse op herstel, hoe vreemd dit ook al klink, meen Panieri-Peter.

Bloed, dunner as water

Подняться наверх