Читать книгу Bloed, dunner as water - Charné Kemp - Страница 6

Is daar ooit antwoorde?

Оглавление

Hoe kan jy die mens wat aan jou lewe gegee het, of aan wie jy lewe gegee het, vermoor? Jy, jou ouers en sibbe deel tog bloed.

Sê die spreekwoord nie bloed is dikker as water nie? Maar wat as dit dunner is?

Ouermoord, en die moord op jou kind, is ’n taboe wat alle kulture en gelowe deel. Tog gebeur dit in elke land, op elke kontinent (behalwe in Antarktika waar daar nie permanent mense woon nie).

Wat loop dan so skeef dat ouers hul kinders om die lewe bring? Die kind wat hulle verwek, gebaar, vertroetel en versorg het. Wat hulle eintlik moet liefhê en beskerm.

Familie, bure, vriende en kollegas staan geskok as hulle die verskriklike nuus van moord hoor. Hoe kon hy sy eie kinders doodskiet? Sy eie bloed? Hoe kan ’n ma haar kinders vergiftig, verdrink en doodsteek? ’n Ma?

Was dit uit selfsug, depressie, narsisme, moedeloosheid, of wat?

“Hoekom het ons nie die tekens gesien nie? Kon ons dit gekeer het?” sal hulle vra.

Net so erg, dalk erger, is dit wanneer kinders hul ouers vermoor. Wat het so tragies skeefgeloop in dié jong mense se lewens?

Die gemene deler in etlike gevalle is drank en dwelms, verkeerde maats (portuurdruk), seks, manipulasie, slegte huislike omstandighede en/of die een of an­der geestes­afwyking. En taks om taks sal ouers dan vra: “Wat het ék, wat het óns verkeerd gedoen?”

Is daar antwoorde op ouers, familie en hele ge­meenskappe se “Hoekom?”-vrae uit verbasing en skok? Gewoonlik word antwoorde gesoek in gebrekkige ouerskap soos ’n afwesige pa, ’n oorheersende ma. Maar dis nie te sê nie ...

Bloed, dunner as water

Подняться наверх