Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 13

[11]

Оглавление

daar’s ’n stilte wat om jou

drapeer soos ’n langbroek met ’n goeie snit

jou heupe die heilige muur

ek betree jou

sonder aankondiging met hande

wat in jou soek soos woestyndiertjies na water

die asem deur jou tande vlug

rondom jare se fluoried

die bloed in jou lyf

met vaste voorneme

ek smeer spoeg aan jou kuiltjie

dik nes kwik

die liefde klam soos potplantgrond

daar’s ’n stilte wat om jou

drapeer in die beskutting wat struike bied

jou hart is ’n plant

bewaar in vermikuliet

[vii]

Подняться наверх