Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 18
[16]
Оглавлениеwou in die nag sonder dat iemand
hoor jou nek van agter
stil af in die paadjie elke
tree in vaste voorneme
tot ek na genoeg aan jou kom
en jou op die kant van die knie
sodat jy balans verloor en ek
gevoude arm om jou keel
met my skouer jou kop
in die teenoorgestelde rigting
’n werwel ontwrig die koord skuif
en jy slap teen my word
jou asem in onreëlmatige horte voor
hande wat verslap en die uit-
eindelike voetstap wat in
die grond syg in die nag wou