Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 16

[14]

Оглавление

word wakker in die portaal van ’n gevalle

kerk die donderweer al flitsend

tot teen die gewelf en oor

die mure met hul vervaagde

fresko’s bokant die bruin banke

asof instrumente vir navigasie

in ’n donker en onstuimige

en daar buite ’n afvaardiging

kareebome met hier en daar turksvy

en ander sku vetplante oor die kaal grond

daar is ’n kruis

teen een van die mure

’n dwaling vir oë en

op my tong die smaak van vrees

vir filistyne in swawel

en houtskool en salpeter en

’n nasmaak frank voor ander

drome oor die grond

waarin ons eendag sal slaap

sonder bloed en sonder

iets soos bloed

vir ’n lang tyd

so stil gelê

en in die donker geluister

en niks gehoor nie

[vii]

Подняться наверх