Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 15

[13]

Оглавление

pieter het ’n sleutel of iets aan

die punt van ’n lang tou

en die gedoente wirr-wirr

bokant sy kop plaasskoolgewapen totdat

die lyn breek daar trek die sleutel

toe attie en willie die tweeling mekaar

met pendorings in hulle windties

skiet en sy pa attie moes

vashou dat hulle dit met

’n tang kon uittrek

by die van rooyens se lyndraad vertel

hansie reynecke oor sy perd net een spring

sanet pieter se sussie teken saam

met orna pouses op die bord

die skooltjie se voorstoep buig onder klere

en voete wat soos voëlneste

van ons maer lywe hang

die nagels van port nolloth slenter huis

toe oor verskroeide aarde

die haastige wip van ’n kwikkie

wat net so vinnig verdwyn soos

ek die kind en die sleutel

aan pieter se tou se punt

[vii]

Подняться наверх