Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 9

[6]

Оглавление

onderkant die huis is ’n prieel en

daar sal niks jou kan ontbreek nie

dit hou die turflande mildelik terug

die grond leeg soos ’n lidwoord

op ’n ysterpaal sit ’n kraai

en wag vir opvlieg

voordat jy jou oë kan knip

voordat jy kan sluk

daar is cochenille wat aanpak

om jou keel daar

is ’n grensdraad om jou vingers

en al wat ek verwag is

voorspelbare droogtes en swartryp

die liefde word ’n leë plaashuis

’n taktiek om jou lyk langs

my neer te lê

daar sal niks jou ontbreek nie

ek behou die teenwoordigheid van

gees om ’n donkerbril

op jou koue voorkop te sit die

verenigde front van cool

snags nog is ek verras

as ’n tortelduif begin roep

die wanhopige sooie is nou agter ooglede

die opstanding is uit die dood

vanaand slaap jou lyf teen my

aan soos ’n outydse stoel

ek word jou waghond jou

plaasaanval jou psalmis

onderkant die huis is ’n prieel

daar sal niks jou

[vii]

Подняться наверх