Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 5
[2]
Оглавлениеdaar lê vanoggend soos ou kos in
koue kookolie ’n dooie duif
in die swembad
glibberig en onverwags
vasgenes in blare wat te veel
was vir afskep
die duif is deur chloor omhul
soos voetstappe deur ’n klooster
ek en die kind klim in die kar
waai vir ma op die stoep sy
staan so roerloos soos ’n soutpilaar
soos ’n jetplane is ons leaving
margaret ons wonder
are you grieving