Читать книгу [vii] - Gilbert Gibson - Страница 7
[4]
Оглавлениеnie majola nie was klara
twee jaar voor my op skool
haar rok duime korter
as die ander meisies
bruin van netbal
eenkeer vir my ’n oefeningboek
met gedigte in gewys haar
eie handskrif in ’n netjiese
krul soos haar hare op die jaarbladfoto
na debat in die donker
strate teruggestap
na haar ouma-hulle se huis
hande sweterig in mekaar en
lank daarna nog die reuk
op my vel in die stilte
van die seunskoshuis
tot vandag nog goedkoop parfuum
uit moerdyk se apteek wat my
terugvat na die leë
straat voor die skool
na haar meer gesofistikeerde
beheersde lag ’n krakerigheid
in die stem eenkeer het ek haar
en magda in die boekhouklas sien
rook in dekadensie jaloers en
tot opgewondenheid geril
in hedendaagse terme is sy
die kaal maag die sigbare
belly button die tatoe laag
op die rug
en alle ander sonde
wat die hart van hande vind
iemand vertel my die ander dag
klara is in johannesburg
en sy het ’n gestremde kind