Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 20
Kom ADHD slegs by kinders voor?
ОглавлениеNee. Vroeër jare is geglo dat ADHD ontgroei word. Dit is egter meestal nie die geval nie. Die hiperaktiwiteitskomponent van die gekombineerde en oorheersend hiperaktief-impulsiewe groepe ADHD neem wel meestal af. Sommige volwasse lyers het die toestand beter geleer hanteer, wat hulle simptome minder opsigtelik maak. Die meeste mense met ADHD wat ouer is as dertig, is nooit as kinders gediagnoseer nie. Die mediadekking van die afgelope twintig jaar het ’n groter bewustheid van ADHD tot gevolg gehad, wat ’n hoër frekwensie van diagnoses meegebring het. Mense het die simptome van ADHD in hulleself of by hulle kinders herken en dit by ’n kundige gaan aanmeld. Of die nuwe fokus op ADHD daartoe gelei het dat professionele mense meer geredelik diagnoses van ADHD begin maak het, bly ’n ope vraag.