Читать книгу Sondag - Irma Venter - Страница 11

AJ 1.

Оглавление

Donderdag 8 Februarie, 15:05

Toe Alex Derksen die voordeur oopmaak, trek ’n gordyn eenkant toe in die sitkamer. Farr staan hande op die heupe en kyk na my. Skud haar kop, beduie: Wat nou?

Sy wil nie met die man praat nie.

Wag. Sy mág nie met hom praat nie. Netnou sê sy iets wat sy nie moet nie.

Ek haat weerlig.

Ek trek my asem diep in. Hou dit op. Wag vir die volgende slag. Wag … wag … tel. Een …

Magtig. Die weerlig slaan net hier bokant my kop.

Moenie dink nie … Ek stamp die Merc se deur oop, slaan dit agter my toe, hardloop verby die fontein, oor die plaveistene, op met die stoeptrappe en in by die voordeur.

Die volgende slag bliksem neer, tref sweerlik die dubbelverdiepinghuis se dak.

Ek haal verlig asem, water wat om my drup. Farr staar na my met ’n ontevrede frons. Sy en Alex dra beide booties en handskoene.

Ek kyk by die venster uit, stoep se kant toe. Die boks met die goed wat ek moet aantrek, lê op die twaalfsitplektafel.

Buite.

Donner.

Sondag

Подняться наверх