Читать книгу Die grammatika van liefhê - J.C. Steyn - Страница 10

Deelwoorde deel

Оглавление

Nooitgedacht welgevonden mooigelegen –

voltooide deelwoorde, reste

uit ’n gewese romantiese tyd – weltevreden –

toe dié name nog – ten minste ten dele – sin gehad het.

Nou is hulle slegs ruïnes,

verrinneweerde, betekenislose eiename,

herinneringe aan verlede vreugde,

gedeelde vreugde, tóé ten volle beantwoord.

Nóú inteendeel egter alles verlies, alles

verlore, alles, alles verloren,

alles gelede lief, “geliefde-leed”,

onvoltooide deel van

teenwoordige leed,

teenswoordig ongedeel

woorde deel leed

halwe-leed-wese.

Die grammatika van liefhê

Подняться наверх