Читать книгу Die grammatika van liefhê - J.C. Steyn - Страница 7

Afskeid van Amsterdam

Оглавление

Hagel en natte sneeu

is die afskeidskus,

sy laaste woorde

in die koue gelaat;

ek raak weggevoer

probeer my klem

aan ’n beierende toring,

’n kermende trem;

met honger meeue

wil ek grag vir grag

my mee laat sleur

maar geen deel het ek meer

aan die verlore stad

wat my nooit weer sal aanspreek

nooit nie nee nooit.

Die grammatika van liefhê

Подняться наверх