Читать книгу Die grammatika van liefhê - J.C. Steyn - Страница 11

Trans-Atlantiese transformasie

Оглавление

“Er is … steeds zoveel nieuws, dat er meer dan gewone moed toe hoort en geestelijk veerkracht om altijd door dat nieuwe te erkennen en met vreugde te begroeten.” – Anton Reichling.

Dis die hoogste tyd:

die liewe oumense moet jy verlaat

(gepaard met verstelde fleksie: die oue mens transformeer)

en ’n nuwe liefde gaan aankleef.

Hoog tyd raak dit.

Die oorvaart is dit dus wat voorlê:

agter troosteloos grys die Hoek-van-Holland.

Einde van die geborgenheid.

Dis springgety, ’n storm nader oor die kanaal,

beperkte dykbewaking tuis; daar’s verhoging van anderhalf meter.

Die vaste grond van my eksistensie

wat woord en daad inderdaad sin

én sinvolheid gegee het, daarmee moet ek my máák breek, téén my sin;

die woordtradisie waarin ek opgevoed

(half oorvreet) is, daar moet ek van affoeter

soos Zeus destyds van die Olimpus gedonder het,

my pot lensiesop moet ek verruil

vir die rooi eiland anderkant Dover se rotse

(ja, reken, dis ’n nuwe vaart wat Harwich anglisisties “verby kruis”

en ek wil – as dit kan – dat ons op die wit rotse loop)

en nog anderkanttoeër

daag die Nuwe Wêreld

met ’n skrikwekkend nuwe generasie

wat ’n mens glo opgewek en oop

tegemoet moet vaar: daar vier competence hoogty, performance tel niks;

maar la’k jou vertel – my ontbreek albei.

Dis my laagwatermerk.

Ek moet dus dagsê aan die liewe land:

Vaarwel.

Sal ek jou kan laat vaar in my gedagtewêreld?

Ek glo nie

ek hoop nie

maar ek dag

mens weet nooit.

Die grammatika van liefhê

Подняться наверх