Читать книгу Israel reeks: Omnibus 1 - Marzanne Leroux-Van der Boon - Страница 11

Ses

Оглавление

Jerusalem

Woensdag 27 Maart 2002

Palestinian ambulance driver caught transporting bomb

A Palestinian Red Crescent ambulance driver was caught transporting an explosive belt containing ten kilograms of explosives of a type detonated by suicide bombers, Israel radio reported. The ambulance was stopped and searched between Nablus and Ramallah, and the soldiers found the explosive belt under the stretcher upon which a Palestinian boy was lying. The boy’s family was with him in the ambulance.

The ambulance driver told interrogators he received the belt from a senior Tanzim activist working for the Palestinian Authority West Bank Security Chief, Marwan Barghouti.

The International Committee of the Red Cross (ICRC) said it was “shocked and dismayed” and “condemns” such abuse of an ambulance and of the Red Crescent emblem.

Die hele dag is Ruwth besig om voorbereidings vir die seder-maal te tref. Buite reën dit feitlik onophoudelik. Een of twee keer trek ’n kragtige haelbui oor die stad. Marc staan in sy kamer en kyk hoe die haelstene met soveel geweld op die balkonnetjie neerkom dat dit terug oor die gietysterreling pad toe spring. Hy het geen behoefte om die stad in te gaan nie, al het Ruwth aangebied om hom te neem. ’n Ruk lank sit hy met sy sketsboek. Blaai deur vorige sketse, verbeter, skeur uit en frommel op. Maar meesal is hy self verwonderd oor wat hy voor hom sien. Hy kyk ook na die tekeninge wat hy van Rivkah gemaak het. Daar is iets wat hom so diep ontroer dat hy die trane in sy oë voel brand. En dit ontstel hom nie soos in die tyd ná Nicola nie. Hy kry weer die gevoel dat hy sy Vader se stem in die huis gehoor het. Die stem van Abba.

Later dwaal hy kombuis toe waar Ruwth kos maak. Ten spyte van die koue buite, stoom die kombuis warm en geurig. Sy vee die string grys hare wat natgesweet oor haar voorkop val, agtertoe en lag met hom.

“Kan ek nie met iets help nie?” vra hy.

“Nie regtig nie. Sit hier by my. Ek het vanaand tien mense vir die seder. Ek het hulle almal vanjaar na my toe genooi nadat ek gehoor het dat jy Jerusalem toe kom en sonder dat ek veel hoop gehad het dat jy wel hier by ons sou uitkom. Maar Adonai het jou gestuur. Baruch HaShem!”

Hy gaan sit en leun sy elmboë op die tafel waar sy besig is. “Waarom is die Paasmaal hier op ’n Woensdagaand, dis dan eers oormôre Goeie Vrydag?”

Sy kyk hom ’n oomblik takserend aan. “Jy sien,” sê sy toe, en hy hoor sy kies haar woorde versigtig. “Yeshua is myns insiens nie op ‘Goeie Vrydag’ gekruisig nie. Daar is verskillende standpunte oor dié saak. Pase is vir die Messiane en vir Christene die herdenking van die kruisdood van Messias Yeshua, die Lam van Elohim, ons Paaslam. Maar vir die Jode is dit die herdenking van die Paaslam wat geslag is toe hulle uit Egipte bevry is. Adonai, wat van die begin af die einde weet, het toe ook geweet dat daardie lammetjie die heenwysing na sy Seun se versoeningsdood sou wees. Die Paaslam is op die veertiende dag van Nissan, die eerste maand van die Joodse maankalender, geslag. HaShem het daardie dag vir altyd bepaal. Op die veertiende Nissan. Hoe kan dit nou elke jaar op ’n Vrydag val? En hoe kan jy in elk geval iets so verskrikliks soos die dood van HaShem, God, ’n ‘goeie’ dag wil noem? En hoe kon Hy in elk geval op Vrydag gesterf het en Sondagoggend opgestaan het, as Hy duidelik gesê het dat Hy drie dae en drie nagte in die graf sou wees?”

Marc knik. “Ek het ook nogal daaroor gewonder.”

Sy spoel die kruie waarmee sy gewerk het onder die kraan af en die geur daarvan vul die kombuisie. “Jy moet ook dít verstaan: ’n Joodse dag begin wanneer die son ondergaan en die eerste ster verskyn. Donderdag begin dus streng gesproke Woensdagaand sononder. Vanaand dus.”

“Ek sien.”

“Nou, Yeshua was Donderdag tussen nege-uur die oggend en drie-uur die middag aan die kruis. Dis interessant om te weet dat die Paaslammetjie vroeër in die tabernakel en later in die tempel ook tussen nege-uur en drie-uur aan die altaar vasgemaak was voordat hy geslag is. Yeshua het om drie-uur gesterf. Toe het Hy uitgeroep: ‘Dit is volbring.’ Dit was op die presiese oomblik dat die lam in die tempel geslag is en die hoëpriester uitgeroep het: ‘Dit is volbring.’ Kan jy sien hoe volmaak die Ewige se Plan is?”

“Dit het ek nooit geweet nie.”

“Donderdag is dus dag een, Vrydag dag twee, Saterdag dag drie, en Sondagoggend het Hy opgestaan soos Hy gesê het Hy sal. Drie dae en drie nagte.”

Marc bly sy kop in verwondering skud.

“Nou wat doen die meeste Christene? Hulle vier Paasfees met sjokolade-eiers en -hasies.”

“Waar kom dit dan vandaan?”

“Konstantyn, die veelgeroemde kerkvader wat in werklikheid ’n sonaanbidder was. Tussen hakies, daarvandaan kom ook die Sondag wat die Shabbat vervang het wat HaShem ingestel het …”

“Maar ons vier tog Sondag omdat dit die opstanding herdenk.”

“Waar lees jy in die Bybel dat God gesê het ons kan ophou om sy Shabbat te vier? Yeshua het gesê Hy het nie gekom om die Tora ongeldig te maak nie, maar om dit te vervul. Ons vier nie die Shabbat soos die ultra-Ortodokses wat swaar gebuk gaan onder alles wat hulle nie mag doen nie, maar ons vier dit as ’n dag waarop ons van ons gewone werk rus en ons in HaShem verryk. Ons staak ons ander bedrywighede en ons vier die fees van ons liefde vir Hom. Dit is wat Hy kom vervul het, daardie rus in Hom toe Hy die Tora namens ons vervul het. Maar dis op die sewende dag van die week, wat Vrydagaand begin, nie Sondagoggend nie.”

Marc maak ’n vae beweging met sy hande.

“Yeshua het inderdaad op Sondagmôre opgestaan, maar dit was ook om die instelling van God, naamlik die Dag van Eerstelinge, te bevestig, die sewentiende van Nissan, drie dae en drie nagte ná die veertiende van Nissan. Hy was immers eersteling uit die dood.”

“Interessant,” is al wat Marc kan dink om te sê. “Maar waar kom die paaseiers en -hasies dan vandaan?”

“Ook van vader Konstantyn. Hy het al sy heidense feeste met die Christelike godsdiens vermeng. Isjtar is die Griekse godin van vrugbaarheid, koningin van die hemel, sogenaamd. Vandaar die eiers en die vinnig telende hasies.”

“Daarvan het ek eerlik nog nooit gehoor nie.”

“Ek neem jou nie kwalik nie. Tallose Christen-ouers gee met Pase vir hul kinders sjokolade-paashasies present, steek vir hulle paaseiers weg wat hulle moet soek, en dink dis baie oulik.”

“Inderdaad.” Marc skud sy kop.

“Maar nog baie, ook in die kerk, dink hulle gedenk die kruis deur oor Pase sagte, taai hot cross buns te eet. Lekker opgepofte suurdeegbolletjies. En dit terwyl die Bybel vir ons sê dat ons oor die sewe dae van Ongesuurde Brode absoluut geen gis in ons huise moet hê nie omdat suurdeeg sonde simboliseer. Die Israeliete moes hul suurdeeg in Egipte agterlaat.”

“Maar Christene is tog nie Jode nie.”

“Nee, maar hulle is nes die Israeliete uit Egipte van hul verlorenheid verlos. En hulle het Yeshua as hul Here, en Hy het die Joodse feeste gehou. Elkeen van hulle.”

“Het die hot cross buns dan nie ’n kruis op nie?”

“Ja, vir seker is daar ’n kruis op, maar as jy goed gekyk het, sou jy gesien het daar is ’n sirkel om die kruis. In plaas daarvan dat dit die kruis van Yeshua simboliseer, is dit ’n bekende simbool van aanbidding vir die Babiloniese songod Tammuz. Hulle het hierdie koekies met die vorm van die maan geëet om die vrugbaarheidsgodin Astarte, ’n ander naam vir Isjtar, koningin van die hemel, te herdenk.”

“Ag, asseblief, Ruwth,” hy lag kopskuddend, “die mense doen dit tog nie opsetlik nie. Dis mos maar ’n heel onskuldige gewoonte om sjokolade-paaseiers en -paashasies present te gee en hot cross buns te eet!”

Sy kyk hom reguit aan. “Marc, as ’n mens vrugbaarheidsbolletjies en sjokolade-eiers eet op die dag wanneer jy die dood van jou Verlosser herdenk, dan het jy ’n swak insig in wie Hy is en wat Hy vir jou gedoen het. Die grootste gedeelte van die kerk geniet die Paasdae saam met die wêreld as ’n lang naweek waartydens daar gejol en partytjies gehou word. Mense gaan kampeer en ontspan met familie en vriende sonder om te dink waaroor dit werklik gaan. Party gaan nog miskien Goeie Vrydag kerk toe, maar dan is dit oor en verby. Daar word nie weer gedink aan die Lam wat vir hulle geslag is nie.”

Marc kyk na die lamsvleis wat sy die hele tyd terwyl sy gepraat het, so sorgvuldig aan ’t voorberei was. “By ons in die kerk is daar wel op Paassondagoggend ’n diens waar die mense mekaar ‘Jesus het waarlik opgestaan’ toeroep. Hulle gebruik ook op Goeie Vrydag nagmaal.”

“Dit is wonderlik, Marc! Ek sê nie die kerk as geheel dwaal nie, maar ek sê ’n groot gedeelte is verblind.”

“Maar, ek moet sê die eiers en die hasies bly nie agterweë nie en die oorgrote meerderheid mense gaan vir die lang naweek weg. Dikwels die predikant ook.”

“Verstaan jy die implikasie van God se presiese tydsberekening, van die diepe betekenis van Yeshua as Pesach-lam?”

“Dit maak sin.”

Sy kyk hom weer berekenend aan voordat sy voortgaan. “Maar nou wil ek iets sê wat jou dalk nog meer gaan verwar. Maar dis nou maar hoe ek dit sien. Ek dink Hy het Saterdagaand ná sonsondergang opgestaan en nie Sondagoggend nie. Hy het gesê Hy sal die derde dag opstaan. Dit was tog basies die skemering van die volgende dag. Die vroeë oggend van die volgende Joodse dag. Die Bybel sê immers dit was nog donker. Dalk was dit al donker. Dit is dan ook die begin van die sewentiende Nissan, die Joodse Fees van Eerstelinge, Firstfruits, daardie jaar op ’n Sondag, en Yeshua was inderdaad eersteling uit die dood.”

“Maar hoekom het ek dan nooit van hierdie dinge gehoor nie?”

“Miskien om dieselfde rede waarom ek nooit gehoor het dat Yeshua die Messias is nie. Dit is dinge wat jy vir jouself vorentoe moet uitmaak. Moenie ander mense daarvoor probeer verantwoordelik hou nie. Gaan ondersoek self of dit so is of nie.”

“En die seder dan?”

Sy vee weer die stoomklam haarslierte uit haar oë, glimlag breed. “Nee, nou moet ek eers klaar kook anders het ons glad geen seder nie. Jy sal vanaand genoeg te sien en te hoor kry. Wil jy nie vir ons ’n koerant gaan koop hier by die supermark onder in die straat nie?”

“Met plesier.”

“Koop maar ’n Jerusalem Post, dan kan jy die Engels darem ook lees. Neem ’n sambreel, dit gaan nou-nou weer reën.”

Hy kom met die koerant terug en gaan in die woonkamer daarmee sit. Op bladsy drie skreeu die opskrif weer: Terrorist bombers blown up at roadblock.

“Wat is dit tog met die mense?” roep hy half radeloos uit, bang dat Rivkah ook daar iewers kan wees. “’n Mens blaas jou mos nie self op as jy nie heilig oortuig is jy doen die regte ding nie. Wat gaan in hul koppe aan?”

“Gaan kyk, voor my bed lê ’n eksemplaar van Sondag se London Times. Iewers op die middelblaaie is daar juis daaroor ’n artikel.”

Hy maak soos sy sê en kry die artikel maklik.

Inside the world of the Palestinian suicide bomber

At precisely 8 pm last Saturday a battered car flashed its headlights twice as I waited on a dark and dusty road in the Gaza Strip. My journey into the world of the Palestinian suicide bombers was beginning. After a ten-minute drive, I stepped out of the car to be greeted by a masked man I would come to know as the commander of a small cell of the al-Aqsa Martyrs Brigades, a group that has claimed responsibility for nine highly published suicide attacks this year in which forty three people have died.

I was to spend the next four days with this cell, seeking insights into the election and training of suicide bombers and also into their minds and motives.

Attacks by groups of such as the al-Aqsa Martyrs Brigades and military action by the Israelis have spiralled in recent weeks in the worst violence of the eighteen month Palestinian Intifada, or uprising.

While the West and Israel regard those who attack unarmed civilians as terrorists – the administration of President George W. Bush announced last week it would classify the al-Aqsa Martyrs Brigades as a terrorist organization – many in the Muslim world and particularly in the Palestinian territories claim they are martyrs fulfilling a religious obligation in the face of “oppression”.

The walls of thousands of bare, concrete homes in the Gaza Strip are covered in colourful graffiti dedicated to those who have died fighting Ariel Sharon, the Israeli prime minister, in a quest to “liberate” Jerusalem, the West Bank and Gaza for the Palestinians.

I was about to meet two men chosen to become al-Aqsa martyrs and to discover that they did not conform to the poverty-stricken young militants exploited for mindless acts of terrorism.

But first their commander, who introduced himself as Abu Fatah, firmly but politely asked me to put on a blindfold and lie down in the vehicle, in the well between the front and back seats. Security is imperative, he said.

After twenty minutes our Mercedes came to a halt and I was taken by the hand and led down a flight of steps. Removing my blindfold, I found myself in a room strewn with cushions and loosely covered sponge mattresses. Pictures of the al-Aqsa mosque in Jerusalem adorned the walls and heavy floral curtains blocked any glimpse of the outside.

I faced an initial grilling in which it was established that I was Lebanese, a Muslim and the author of a book about the militant group, Hezbollah. In the early hours of the morning a number of fighters began to join us. One by one they walked in from the darkness, all of them masked, dressed in military fatigues and armed with Kalashnikovs and hand grenades.

They sat on the cushions round a large oil lamp that cast shadows across the room. In the distance the sound of Israeli warplanes pierced the night, followed by machinegun fire and the thudding of homemade bombs. As I would soon realise, this was a nightly routine.

His face covered by a kefija, or headdress, to conceal his identity, Yunis spoke first about the paintings of Michelangelo, Da Vinci and Picasso, then abruptly changed the subject and described – with equal passion – his urge to become a martyr.

“We are educated strugglers,” he said. “We are not terrorists and the world should recognise that our acts are not intended to be pure, cold-blooded murder.”

“The Palestinian people had sought help from Arab countries, the United States and Europe in their attempt to establish an independent state,” he said, “but to little or no avail.”

“Finally, I searched for my God in the holy Koran and found it filled with verses and commands on how to end my oppression,” he added, eyes blazing. “I discovered late that victory is only granted by God and not by (Tony) Blair and Bush. My aim is to liberate my land and to transfer the triangle of fear to (the Israeli) environment.”

Delivered with emphatic gestures, this was his chilling justification for the mission he would soon undertake: “Israel attacked my honour, inflicted pain in our mothers and fathers and I have to inflict the same on them until Israeli mothers scream at their government and plead with the world to end the conflict. I will persist until they experience the same fear and pain our mothers daily feel.

“I cannot stand in front of a tank that would wipe me out within seconds, so I will use myself as a weapon. They called it terrorism, I say it is self-defence. When I embark on my mission I will be carrying out two obligations: one to my God and the other to defend myself and my country.”

Yunis lit a cigarette and declared that life was “precious”. He would rather be enjoying “normal days and nights, parties, family gatherings and seaside picnics,” he said. “We are doing this as long as we are under occupation and until liberation we have no choice but to fight.”

Until the day of his mission dawns, Yunis will remain engrossed in study of the Koran. He is convinced that he has no choice but to follow the path assigned to him, and nothing could sway him from it. “Freedom is not handed as a gift. History is testimony to the fact that major sacrifices have to be made to attain it,” he said.

“At the moment of executing my mission, it will not be purely to kill Israelis. The killing is not my ultimate goal, though it is part of the equation. My act will carry a message beyond those responsible and the world at large that the ugliest thing is for a human being to be forced to live without freedom.”

Like Yunis, Abu Fatah, his commander, is an educated man – a second year university student in international law. He delivered a brief history of Israeli-Palestinian conflict that culminated in the first Intifada starting in 1987, the Middle East peace process and the second Intifada, which began in September 2000.

He railed against Israeli settlements, political detentions and restrictions on the movements of hundreds of thousands of Palestinians within and between the territories.

After “self-restraint” during the first year of the latest Intifada, he explained, the al-Aqsa Martyrs Brigade – a branch of the Fatah organization of Yasser Arafat, the Palestinian leader – decided to follow the example of the more radical Islamic group, Hamas, and launch suicide attacks. It has no shortage of volunteers.

A specialist unit is responsible for selecting candidates. Anyone under eighteen is rejected, so are married men with children and anyone without a sibling who may be a family’s sole breadwinner.

Those who excel militarily and show steely composure in stressful situations are most likely to be chosen. The young men must be reasonably religious, convinced of the meaning of “martyrdom and jihad (holy war)”. They should also be of a build and shape that will enable them to move easily among Israelis – disguised if necessary in skullcap and wig, with ringlets down the side of the face – as they wait for the moment to strike.

The commander observes candidates over several days as they go about their routine business in public and at home. If the assessment is positive, he informs them of their selection.

An intense twenty-day period of religious study and discussion ensues between the commander and each candidate. Verses from the Koran about a martyr’s attainment of paradise are recited constantly.

The candidate is reminded of the good fortune that awaits him in the presence of prophets and saints, of the unimaginable beauty of the houri, or beautiful young woman, who will welcome him and of the chance he will have to intercede on behalf of seventy loved ones on doomsday. Not least, he is told of the service he will perform for his fellow countrymen with his sacrifice.

“Of course I am deeply saddened when I have to use a suicide attacker. I am very emotional and at times I cry when I say goodbye to them,” the commander said softly. “These men were not found on the streets. These are educated men who under normal circumstances would have the potential of being constructive members of society. If they did not have to carry out such a mission, they could have become a doctor, a lawyer or a teacher.”

Once the bomber’s preparations are complete, he is collected by another member of the unit who accompanies him on the final journey to his target. It is only just before the assault that he is told the details of his operation, whether he will be a bomber or will attack with grenades and guns until he is shot dead.

Ten to fifteen minutes before being dropped at the target, the bomber straps on a hand-tailored vest filled with about ten kilos of explosive and five kilos of nails and metal. He is then given his final instructions about the precise point at which he should detonate himself.

“The less he knows the better for the martyr, since he will not have much time to think of the target nor to experience doubts,” the commander said. A separate unit has the job of finding potential targets for suicide attacks.

Asked whether the recent killings of innocent young civilians by suicide bombers in cafés and restaurants could be condoned, Abu Fatah’s tone hardened. “Do you think when an Israeli tank shells a house it considers whether there are children at home?” he snapped. “There are ugly consequences for both sides in a war.”

Ahmad, the second suicide attacker, has no reservations. A twenty seven-year-old student from the Gaza Strip, he carries the deeds and keys to the family house in Jaffa from which his grandmother was driven when the modern state of Israel was established as a Jewish homeland in 1948.

“My grandmother represented the history of the Palestinian people,” said the quietly-spoken Ahmad, one of eight children who lives with his mother.

“She spoke to us of Jaffa, its grape vines and the seaside. She instilled in us a love for the home we did not know and over many tears recounted old stories of life once upon a time in Palestine.” Ahmad said he fell in love with Jaffa through his grandmother’s tales and longed for the day when he would have a chance to visit the old place. Instead, he grew up in a small concrete house allotted to the family by the United Nations.

He was twelve when the first Intifada began and his anger at what he regarded as the humiliation of his family under occupation eventually made him determined to fight for “dignity”.

“I did not join Fatah to kill. My aim in joining was to try and provide security, if only to my immediate family. Were it not for the occupation, I would not have become a Fatah member in the first place. I let go of my dreams of Jaffa and of ever reclaiming my grandmother’s house. I was never a person who sought to annihilate the Israelis.

“I gave them the land that originally belonged to me but instead of accepting it graciously I found them still seeking to deprive me of the right to live freely and peacefully in my tiny few square metres.”

The failure of the peace process meant “having to live in an area where most of us were denied the ability to move freely,” he said.

“How can I live in a state without sovereignty where I am forced to show an identity card at an Israeli checkpoint for permission to move? They control our electricity and our water supply and our lives, and people still ask why we are rising up.”

A band of fighters gathering around him as he spoke nodded in agreement. “I am committed to carry out a martyr’s mission to show my rejection of being forced to live under this oppression,” he said to cries of “Allah hu akbar (God is greatest).”

“My aim is to prohibit settlers from enjoying their lives here. My aim is to force Israeli checkpoints out of my territory. If they leave in peace, I have no intention of following them into their areas. But if they remain here then I shall use the methods at my disposal to force them out.

“I and many others like me are now prepared and waiting to carry out spectacular attacks against the enemy. We are not afraid and will not cease until they withdraw totally from our areas. You can call us terrorists all you like; but we have faith that justice is on our side and that victory will be ours.”

Religion was a constant topic of conversation throughout the time I spent with the cell. They also watched videos of past “martyrs”, analyzing operations carried out. Casualties were described purely in terms of numbers, without reference to the gender or age of the victims. There was little room here for sentimentality.

They recited the names of all the groups, previous attackers and talked about the “courage” of Mohammed Farhat, nineteen, who infiltrated the Israeli settlement of Gush Katif earlier this month, killing five Israelis before he was gunned down.

A few hours before his attack, he called his mother from his mobile phone to ask her advice. His mother, Um Nidal, told me that she had replied: “Take care, my son, remember God, repeat the verses, pay attention to everything you see, concentrate on the task ahead, pick your moment. May God bless you with success and may you be granted the martyrdom you deserve.

“Be strong, my boy, in this, your first major battle, and remember Allah in every move that you make. Do not hesitate, my boy, and strike as harshly as you can against the enemy.” She then asked him to switch off his mobile phone for the last time.

Um Nidal stayed in front of the television waiting for news of her son’s attack, fearful that he might be injured, arrested and denied the “martyrdom” he sought.

She knew of her son’s selection for a mission a month in advance. “I cried for a whole month every time I looked at him. I would tell him not to let my tears stop him from going on his mission. I watched him like a baby that whole month.”

“My heart is not made of stone,” she added, but she has been “willing to sacrifice him for something more precious and sanctified than our earthly world”.

Suddenly a fighter appeared in our group with “very important news”. It was perhaps the most incongruous of many startling moments during my stay.

“Manchester United five, West Ham three,” he declared, announcing the score of the last weekend. “David Beckham two score,” he informed me in English. “Very good Manchester.”

The announcement was greeted with unanimous pleasure, amid further calls of “Allah hu akbar”.

Toe hy klaar gelees het, kyk hy op en besef dat Ruwth hom die hele tyd dopgehou het.

Hy glimlag flou. “Ek het baie vrae hieroor.”

“Ek kan my voorstel. Ofer is die man wat hulle vir jou sal kan beantwoord. David waarskynlik ook. Maar nie vanaand nie. Vanaand is politiek nie op ons spyskaart nie. Ek verwag hulle binnekort om my met die laaste voorbereidings te kom help. Shoshana het ook ’n klomp geregte gemaak maar ons het nog heelwat om te doen. Ons wil net ná ses begin, want die ete hou ure lank aan.”

“Ure lank?”

Sy lag vir sy verbasing. “Ek het mos vir jou gesê jy sal sien …”

Die skril geluid van die selfoon wat in sy kamer lui, onderbreek haar.

Marc haas hom kamer toe en hoop dis nie weer sy ma wat die een of ander ontstellende nuusberig op die televisie gesien het nie.

“Rivkah!” roep hy bly uit toe hy haar stem herken.

“Nog by jou grootmoeder?” vra sy.

Sy hart klop so opgewonde dat hy moet sluk om sy stem op die regte toonhoogte te kry. “Ja, ek gaan meesal hier bly. Ek het nêrens gegaan vandag nie. Sy is besig om vir die seder-maal reg te maak.”

“So ook elke ander mens in Jerusalem. Behalwe die soldate wat moet diens doen. Re’uven is die hele naweek vas. Hy kon nie eens vir die seder afkry nie. Hy is mos by die spesiale magte. Ons verwag heelwat moeilikheid oor die Pesach.”

“Waar is jy?” vra hy onrustig.

“Ek het net by die huis gekom en nou’s ek af tot ná Shabbat Saterdagaand. As daar nie die een of ander groot ellende kom nie. Ek moet sewe-uur terug wees in die kamp in plaas van tienuur Sondagoggend omdat ek vandag en môre af het.”

“Julle het seker ook vanaand ’n seder.”

“Wat dink jy!” Sy lag. “Marc?”

“Hmm?”

“Ek het gewonder of jy lus het om môre bietjie rond te loop. Daar is nie busse voor ná sononder nie, want môre is die eerste dag van Pesach. Dis ’n Shabbaton. Die stad sal doodstil wees. Ek wil ook nie die gesinsmotor gebruik nie. Maar ek het gedink ons kan so in die laatmiddag te voet in die Ou Stad ’n lekker eetplekkie gaan soek.”

“Ek sal graag wil, baie graag, maar hoe kom ons by mekaar uit?”

“Luister mooi, die Haas-Promenade is nie ver van julle af nie, uiters tien minute se stap. Jou grootmoeder sal jou kan beduie. Ek sal jou daar kry. So teen vieruur?”

“Fantasties.”

“Die busse ry weer ná sewe. Dan kan jy ’n bus haal huis toe, want dis te gevaarlik om ná donker oor die Haas-Promenade te loop.”

“Fantasties!” sê hy weer, sy lyf warm van blydskap.

“Bring jou sketsboek asseblief saam.”

“Hy is altyd by my.”

“En jy kom nog Vrydagaand by ons Shabbat vier?”

“Graag.”

“Sien jou môremiddag.”

“Chag sameach!” roep hy haar die groet toe wat steeds in sy kop weerklink.

“Haai!” roep sy bly verras uit.

“Van jou Joodse vriend,” sê hy sag, verleë.

“Chag sameach, Marc.”

Hy gaan terug kombuis toe waar Ruwth nog besig is. “Ek het die eerste dag toe ek hier gekom het ’n broer en suster by die Kotel ontmoet. Ortodokses, maar nie soos dié in Mea Shearim nie …”

Sy knik. “Modern-Ortodoks?”

“Ja, hul pa is ’n rabbi. En hulle het twee jaar in Suid-Afrika gewoon. Hulle is albei in die IDF. Ons het verlede Saterdagaand in ’n Armeense restaurant in die Ou Stad gaan eet. Nou is sy, haar naam is Rivkah, vry tot ná Shabbat en sy het gevra dat ek haar môremiddag vieruur by die Haas-Promenade ontmoet.”

“Dis binne loopafstand hiervandaan.”

“Sy het so gesê. Dan kan ons in die Ou Stad gaan eet. En hulle wil ook hê ek moet Vrydagaand Shabbat by hulle vier.”

“Erev Shabbat,” sê Ruwth. “Dis wonderlik, Marc, dan leer jy nog ’n sy van Am Yisra’el ken.”

“En dit beteken?”

“Die volk van Israel.”

Ma’alot Moriah 601/30

Isaac Remba

27 Maart 2002

23:48

Liefste Mamma & Hannes

Ruwth het gelukkig ook ’n rekenaar wat ek kan gebruik; daarom ’n e-mail so laat in die aand. Soos julle kan sien, is dit nie vroeg nie. Niks hier in Jerusalem hou vroeg op nie. Hoe ook al, dit gaan goed met my, baie goed. Deur Ruwth en die twee vriende wat ek ontmoet het, leer ek aspekte van die wêreld hier ken wat ek as ’n gewone toeris nooit te wete sou kom nie.

Die situasie is baie, baie anders as wat die media dit weergee, maar daaroor sal ek maar eerder uitwei as ek by die huis is. En ek sál kom, Ma-a-a, hou tog op met stres, man!

Dit is nou Pesach hier en dit word baie anders as Pase by ons gevier. Ruwth is nes Baruch ’n Messiaanse Jood, maar hulle vier nog al die Joodse feeste. Pesach sluit die sewe dae van Ongesuurde Brode in wanneer daar geen suurdeeg (chametz) in die huise mag wees nie ter herdenking aan die uittog uit Egipte. (Niks van Goeie Vrydag en paashasies en paaseiers en hot cross buns nie, hoor. Sal later verduidelik.) Ruwth was die hele dag besig met voorbereidings. Vanaand het ek ook jou halfbroer, Ofer, en sy vrou, Shoshana, en sy twee seuns David (uitgespreek Dawiet) en Binyamin ontmoet. Lekker om meteens ’n oom, tante en neefs te hê wat ek nog nooit gehad het nie. Ek kon vanaand saam met hulle die seder-maal vier. Wat ’n ervaring. Al die Jode vier dit, of hulle nou Observant of Reformed of Ortodoks of ultra-Ortodoks of ongelowig is, hulle vier dit. Ons het dit op die Messiaanse manier gevier wat effens anders is omdat hulle glo dat Jesus, of Yeshua soos hulle Hom noem, die Messias was en hulle nie meer vir Hom hoef te wag nie. Ek sal probeer vertel hoe dit was, so kort as ek kan, want my oë val al amper toe – van die vier glase rooiwyn wat gedrink word.

Ons was tien mense. Ofer, wat as vader van die huis opgetree het, het al die gaste ontvang deur hulle met ’n geurige olie te salf. Die hele huis het daarna geruik. Toe het ons aan die pragtig gedekte lang tafel gaan sit. In die hoek op ’n kleiner tafel het die menorah se sewe kerse langs die seder-bord gebrand. Op die tafel was die gewone Shabbat-kerse. Elke gas kry ’n hele boekie, die Haggadah, langs sy of haar bord waarin alles wat gaan gebeur netjies gedruk is. (Ek sal dit saambring.) Die maaltyd duur vier uur lank! Ons sit almal op sulke kussingstoele waarin jy gemaklik skuins kan lê. Daar’s baie blomme en die geur meng met dié van die reukolie en die speserye waarmee Ruwth heeldag gekook het. Dan steek Ruwth die kerse aan en spreek die seën uit (Birkat Haer) en almal sing ’n lied saam. David, wat argitektuur studeer, maar nou eers militêre diens doen, speel vir ons op sy kitaar. (Ruwth sê ek en hy lyk na mekaar, ek sal hom vir jou teken, Mam, almal van hulle, en foto’s neem.) Dan drink hulle die eerste beker – die Beker van Heiligmaking. Nou word daar ’n silwerbak met water omgestuur waarin almal hul hande was. Jou tafelmaat hou die bak vir jou vas en droog daarna jou hande met ’n wit servet af. Dit raak aan ’n mens. Ek wou dit so graag alles teken! Het maar ’n paar foto’s geneem.

Dan word pietersielie, wat in soutwater gedoop word, geëet (groen vir nuwe lewe in Jesus en soutwater vir die trane van swaarkry in Egipte). Dan kom die ding van die afikoman. Hulle sit drie stukke matzah (Vader, Seun, Heilige Gees) opmekaar. Die middelste een word uitgehaal en in ’n wit doek toegedraai en weggesteek. Ek verstaan dat dit vir die Messiane die simbool is van die Messias wat in grafklere toegedraai en begrawe word. Hulle lees ook uit Jesaja 53, wat dan wonderlik mooi klink. Daarna sing hulle weer en dank God vir die Seun wat Hy gegee het.

Nou kom die tweede beker, die Beker van Danksegging. Ofer skink elke keer die beker vol. Dis baie interessant, want dan vra die jongste kinders vrae oor waarom hierdie aand anders is as ander aande: waarom nie gewone brood nie, waarom bitterkruie, waarom word die kruie ingedoop, waarom sit hulle anders? Binyamin, hy is byna dertien en gaan volgende week sy Bar Mitzvah hê, het die vrae gevra. En ek was verbaas dat hy nie ’n grap daarvan gemaak het nie. Dit het alles in die grootste erns geskied. Hierna was Ofer weer aan die woord en hy het verduidelik dat ons nou die dinge wat in die verre verlede gebeur het, in gedagte gaan roep en naboots. Daar word dan gelees hoe ons almal slawe in ons eie Egipteland was en dat God ons met sy magtige hand daar uitgelei het. Hierna begin Ofer die Eksodus-verhaal vertel en vir elke plaag wat hy noem, drup almal ’n druppel rooiwyn in hul borde. Weer ’n seëngebed en almal drink die tweede beker. (Dis gelukkig ligte, heerlik gekruide wyn, anders sou ons stomdronk geword het. In die begin het ek te vinnig gedrink!)

Dan verduidelik Ofer die seder-bord: Daar is die skenkelbeen van die Pesach, of die offerlam (wat Ruwth die oggend gaargemaak het) as teken van Jesus. Daar is die matzot wat ongesuur is omdat suurdeeg ’n teken van sonde is. Die Israeliete het die suurdeeg in Egipte agtergelaat. Ofer breek vir elkeen ’n stukkie af en ons eet dit. Dan is daar die maror, wat bitterkruie is, en herinner aan die Israeliete se bitter bestaan, die soutwater aan hul trane, die charoset aan die klei waarmee hulle stene gemaak het, die eier aan die sonde en rebellie van God se volk wat die afbreek van die Tweede Tempel tot gevolg gehad het. Die pietersielie-en-komkommermengsel is simbool van groei en vernuwing. Ons maak ’n toebroodjie van die matzot met bitterkruie en charoset daarop, en eet dit. Ons doop die eier in soutwater en eet dit. (Laat jou dink!) Dan word daar weer ’n loflied gesing om God vir die bevryding te loof.

Nou eers kom die Pasgamaal! ’n Voorgereg van kruieslaai en pitabrood. (Mam, jy sou jou oogtand gegee het!) Die hoofgereg is heerlike lamsvleis en groente van alle soorte. ’n Mens eet jou oor ’n mik en dis alles so vrolik. Hulle bly tussendeur sing en David is regtig ’n kunstenaar met die kitaar. Saggies. Dan moet die jongste (Bibi) die afikoman soek. Groot pret en hy kry ’n geldjie daarvoor.

Hierna lees Ofer die gedeelte waar Jesus die brood breek en sê dat dit sy liggaam is. Hy breek die afikoman in stukkies en almal eet daarvan. Hy skink dan die derde beker; die Beker van Verlossing; en lees waar Jesus sê dat dit sy bloed is wat vir hulle gestort is. En almal drink die beker. Amper soos ons eie nagmaal. Dan sing hulle die Ons Vader – pragtig. Die meeste van die singery is in Hebreeus, maar dié was in Engels.

Hierna word nog ’n beker geskink. Die Beker van Aanvaarding en Lof. God het ons deur Yeshua as sy eie aanvaar, sê hulle vir mekaar. En dan sing hulle die pragtige Hodu l’Adonai – loof die Here, want Hy is goed … en drink die vierde beker.

Dan volg die nagereg, wat vrugteslaai is (ons trek toe al by tienuur en dit van halfsewe af!). Maar ’n mens word nie moeg nie. Hierna sing hulle allerlei liedere oor die feit dat Jesus weer sal kom.

Dan skink hulle ’n beker vir Elia. Volgens Ofer doen die Jode dit omdat hulle weet Elia moet eers kom om die weg vir die Messias voor te berei. Hulle hoop om hom aan die deur te hoor klop. Maar die Messiane drink dit met die bede dat as die Jode dit nog vanaand doen, hulle die klop aan die deur van hul harte sal hoor en sal uitroep: Baruch haba B’Shem Adonai – geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.

Daarna sing hulle in aanbidding: Baruch haba B’Shem Adonai, halleluyah. Dit is een van die mooiste goed wat ek nog ooit gehoor het. Dit bly in ’n mens se hart.

Ter afsluiting roep almal vir mekaar: Volgende jaar in Jerusalem! In Hebreeus natuurlik.

Dit was ’n aand wat ek nooit sal vergeet nie.

Liewe Mamma en Hannes, ek word hier so ’n Jood dat julle my dalk nie meer sal herken as ek terugkom nie. Ek dra al ’n kippah, maar darem nog nie tzitzit of peyot voor my ore nie. Maar wie weet! Die God van Israel verwonder my, sy skoonheid is nog groter as wat ek dit in sy werke kan sien. Vrydagaand (Erev Shabbat!) gaan ek saam met my vriende wat modern-Ortodoks is Shabbat vier by hul huis en miskien sal dit my nog dieper ontroer, want hulle sal nie die bykomstigheid van Yeshua hê nie. En wondermooi soos sy naam ook al is, verwar sy teenwoordigheid my net. Dit is die God van die Skepping, van skoonheid, die God van Israel wat ek wil ken en dien.

Dis bitterlik koud en stormagtig hier in Israel en ek is bly oor die baadjie wat jy my laat inpak het, Ma!

Lief julle en later meer.

M

Jerusalem

27 Maart 2002

01:20

Hoe verskriklik het dit nie vanaand tydens die seder gestorm nie! Die geweldige donderslae, die weerlig wat onophoudelik oor die verlate stad dans, ons kon mekaar aan tafel skaars hoor. “Dit moet sekerlik die een of ander teken wees,” het Ofer op ’n slag gesê, en ek het Ruwth sien ril en oor haar boarms vrywe asof sy koud kry. “Dis waar,” het sy gesê, “ek kan nie ’n enkele Pesach met sulke donker, onstuimige dae onthou soos hierdie een nie. Een of twee miskien so aan die begin van die somer is normaal, maar so donker en stormagtig soos hierdie dat ’n mens ligte moet aanskakel, dis vreemd.” Hulle het almal half ongemaklik gelyk. Dit moet al die verskriklike dinge wees wat die laaste dae gebeur het wat ’n mens onrustig maak. Maar toe het Ofer weer voortgegaan en die warmte het na ons teruggekom – die warmte van Adonai, ons Elohim.

Israel reeks: Omnibus 1

Подняться наверх