Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 4

Оглавление

Ons begin die jaar met twee volksverhale – een vir luister en een vir lees.

Jy leer die kenmerke van ’n literêre teks, beskou ’n sepieteks en kameraskote van nader en werk in groepe saam om probleme op te los.

Saam met al die tekste en opdragte draf jy selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, klankleer, afkortings, akronieme en verkortings kaf. Afrikaans is ’n interessante en lewendige taal en die vrae gaan jou help om jou opdragte net so lewendig uit te voer.

Jy gaan ook leeswerk doen wanneer jy die gedig “Fabel” van D.J. Opperman in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek as wegspringplek gebruik om navorsing te doen.



Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх