Читать книгу Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom - Страница 23

Verhoudingsvaardigheid

Оглавление

Sê jy het ’n behoefte om te praat

Sensitiewe onderwerpe het ’n geskikte tyd en plek vir ’n gesprek nodig, en moet dikwels op ’n sensitiewe manier opgehaal word. As jy weet die dinge wat jy wil sê gaan jou lewensmaat ontstel, selfs al sê jy dit hoe versigtig, vra of julle ’n gesprek daaroor kan hê voordat jy die onderwerp ophaal. As jy jou behoefte deel om ’n sensitiewe saak te bespreek, berei jy jouself, jou lewensmaat en jou verhouding voor vir ’n sensitiewe en moontlik moeilike gesprek. Jou kort inleiding kan iets soos die volgende wees: “Ek wil graag met jou praat oor… [noem jou onderwerp]. Ek weet dit is moeilik vir jou, maar dit is belangrik dat ons dit bespreek.” Jy kan ook vir die gesprek voorberei deur jou voornemens te deel of te sê waarom jy dié sensitiewe saak wil deel. Hoewel jy nie die verloop van die gesprek kan beheer of voorspel nie, kan jy praat oor hoe jy wil hê die gesprek moet verloop.

Vrae oor jouself

Vra jouself die volgende vrae om jou met dié proses te help:

•Watter onderwerpe is sensitief in my verhouding?

•Hoekom is dit sensitief?

•Hoe kan ek bedagsamer wees met hoe ek oor ons sensitiefste onderwerpe praat?

•Hoe kan ek ’n onderwerp aanroer wat sensitief is in my verhouding?

Die waarheid oor verhoudings

Подняться наверх