Читать книгу Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom - Страница 24

Verhoudingsvaardigheid

Оглавление

Maak beurte om te praat

Wanneer julle jul ontsteltenisse deel, moet julle aanvaar dat julle beurte sal moet maak om te praat oor wat regtig in julle hart en kop aangaan, sonder om mekaar in die rede te val of te baklei. Dit is nie ’n uitnodiging om te baklei nie maar julle uitnodiging om te praat en om julle innerlike dialoë te deel.

Die beste ding wat jy vir jou verhouding kan doen, is om altyd die beste gesprek moontlik te probeer hê.

Dit gaan miskien nie ’n perfekte gesprek wees nie. Gesprekke hoef nie perfek te wees nie – dit moet belangstelling wys in, en ’n begrip vir, mekaar se ware gedagtes en gevoelens. Een van die beste maniere om dit aan te pak is om met respek vir mekaar ’n beurt te gee om te praat.

’n Goeie gesprek is nie altyd ’n dialoog nie. ’n Monoloog – ’n gesprek waar een persoon die meeste van die praatwerk doen en die ander luister en erkenning gee – kan ’n baie doeltreffende proses wees. As jy sukkel om te luister sonder om jou lewensmaat in die rede te val en te baklei, probeer beurte maak om die meeste van die praatwerk te doen. Doen jou bes om te luister en te verstaan wanneer dit nie jou praatbeurt is nie.

Vrae oor julle verhouding

•Wie wil eerste aan die beurt kom om te praat?

•Hoe besluit ons wie se beurt dit is om te praat?

•Wat kan ons doen as ons voel ons gedagtegang word onderbreek terwyl die ander persoon praat?

•Wat kan ons doen as ons mekaar aanhoudend in die rede val?

Die waarheid oor verhoudings

Подняться наверх