Читать книгу Bruistablette vir die lewe - Susan Coetzer - Страница 51

Vitamien A

Оглавление

Aanraking

Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan.

– Lukas 13:13

Ek kom uit ’n ouerhuis waar daar nie baie liggaamlike aanraking tussen ons was nie. As volwassene was ek daarom jare lank ongemaklik met enige liggaamlike aanraking – selfs tussen my en vriendinne. Ek het ander mense wat met soveel gemak en liefde aan mekaar kon raak vreeslik beny. Dit het so lekker gelyk om aanraking te ontvang – en uit te deel.

Toe ek tydens die skryf van my debuutroman Oros vir die siel as spreker begin optree het, was ek aanvanklik soos ’n sementvrou. Ek het op ’n veilige afstand, ’n armlengte van almal af, met gehore gepraat. Soms het ek trane op die gesigte voor my gesien en dan wou ek iets doen om hulle te troos. Maar ek was te selfbewus om nader te gaan en my hand na ’n vreemde mens toe uit te steek.

Die Here ken egter die diepste begeertes van die hart. Hy het my hart se longing raakgesien – om nie net met my woorde nie, maar ook met regtige touch uit te reik na die gebrokenes en die eensames.

Hy het my bewus gemaak van sy liefde en krag in my hande. Hy het my bevry van my inhibisies en my bemagtig om aanraking as ’n tool te gebruik om mense te bemoedig.

Jesus het gereeld aan mense geraak. Sy heilige aanraking het mense gesond gemaak, mense opgerig, mense welkom en geliefd laat voel. Jou liefdevolle aanraking kan ’n genesende bruistablet vir die gebrokenes van hart wees. Leer om meer dikwels jou hand uit te steek met Jesus se sagte aanraking.

Bruisgebed vir sementvroue: Vader, kom asseblief my beperkings en inhibisies tegemoet en help my om met u omgeeliefde aan ander mense te raak. Tot eer van u Naam.

Bruistablette vir die lewe

Подняться наверх