Читать книгу Die seders van Libanon - Adriana Faling - Страница 6

Proloog

Оглавление

Die jong meisie gooi katkos in die bakkie, maak die agterdeur oop en stap daarmee uit.

“Mau!” Sy soek na die rondloperkat wat haar troeteldier geword het. “Mau, dis etenstyd!”

Sy is verbaas dat hy nie soos gewoonlik voor die agterdeur vir haar wag nie. “Mau!” Speel hy ’n speletjie met haar?

Sy stap om die hoek van die huis. Dis ongewoon stil. ’n Ystergreep sluit om haar nek. ’n Nat lap word hardhandig oor haar mond en neus gedruk. Dit smoor haar kreet. Die bak met katkos val kletterend op die vloer.

Die skrik is verlammend. Sy snak na haar asem. Chloroform. Sy kan nie sien nie, haar oë traan. Sy spartel; skop en krap. Die greep bly onverbiddelik. Sy probeer skree. Die lap is versmorend. Die aarde duisel om haar en alles word pikswart.

Die seders van Libanon

Подняться наверх