Читать книгу Raaiselkind - Annelie Botes - Страница 8

4 “Jeremia,” en sy sit die koffiebeker in die vensterbank langs die kooi neer, “jy moenie nou verder slaap en die brood laat staan en oorrys nie. As jy sien dit kom by die borande van die panne, moet jy dit in die oond sit.”

Оглавление

Sy weet dis so goed of haar gepratery dwarsdeur ’n sifdraad spat. Maak knaend of hy haar nie hoor nie. Omdat hy weet as hy haar hoor, moet hy hom oplig en sy hande uitsteek. En hande uitsteek is nou nie Jeremia se sterkte nie. As hy sy hande moet uitsteek om ’n bottelprop los te draai of domino’s te pak, ja. Daarvoor is hy alte fluks. Jimmele weet, daar’t al baie tye gekom dat sy sy kop met ’n piksteel wou inslaan.

“As die reenterigheid opklaar en die son kom altemits uit, moet jy die hoenderhok oopmaak. Maar as dit weer kom toetrek, moet jy die hoenders injaag hok toe. En jy moet droë brandhout inbring vir môre. Ek wil nie t’rugkom na ’n stink gerookte huis toe nie. Ek gaan juis grootkerk toe om my hart te loop skoonwas. Moet nou nie dat ek my in ’n vegtery oor brood en brandhout en hoenders kom vasloop nie.”

Hy lê en kyk haar net aan asof sy gesuip is. Die jimmele moet haar help die dag as sy Jeremia vasvat en die lewe in sy lyf in ruk.

“Hóór jy my, Jeremia?”

“Hoe kan ek jou nou nie wil hoor nie? Jy praat dan binne-in my gesig!”

“Ek vra maar net. En jy moenie dink ek is so onnooslik om nie te sien daar’s van my godsbotteltjie se geld weg nie. Dis sendinggeld wat vandag moes saamgegaan het grootkerk toe. Die Here sal vir jou hard slaan as jy met sy botteltjiegeld loop staan en dominoskuld betaal.”

Hy draai op sy sykant en trek die kooigoed tot teen sy nek. “Ag gottatjie, Miriam, los my uit!”

“En Hy sal vir jou onderstebo slaan as jy sy Naam so ylik oor jou lippe laat kom.”

Sy moet hom eerder uitlos. Voor sy ’n kopaar bars.

Raaiselkind

Подняться наверх