Читать книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven - Страница 15

На сайте Литреса книга снята с продажи.

Оглавление

Die vriendskap wat jy moet koop

is ’n duur artikel.

Jy sal nie weer jou prys kry

as jy dit van die hand wil sit nie.

Gooi vir jou gas “tjiekorie” by die koffie,

en hy sal die “tjiekorie” onthou

en die koffie vergeet.

Spreuke van C.J. Langenhoven

Подняться наверх