Читать книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven - Страница 20
ОглавлениеWat ek van Job die meeste bewonder
is nie die geduld
wat hy onder sy teëspoed betoon het nie,
maar dié wat hom gekeer het
dat hy sy drie vriende
een vir een by die deur uitskop.
•
Koop jou wingerdstokkies van jou buurman.
Jy het nie
die vreemde wingerd se druiwe geproe nie.