Читать книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven - Страница 25

Оглавление

Die wêreld die draai:

vir die swaar wintertyd om ons lande te saai,

of om luilekkerlewend die ploeg te laat roes –

en daarna ons vrugte of onkruid te oes.

Kla oor jou kooi

as dit ’n ander is

wat dit vir jou opgemaak het.

Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie.

Hy verlang maar net na ’n ander soort werk

as dié wat hy nou moet doen.

Spreuke van C.J. Langenhoven

Подняться наверх