Читать книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven - Страница 21

Оглавление

Dis nie reg van my buurman om te bid vir reën

solank as my gerwe nog op die land lê nie.

Waarom dink hy net aan sy eie belange?

Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien

en al die goed wat jy in jouself sien

en maak ’n derde mens daaruit.

Hy sal maar naastenby lyk

soos elk van julle twee.

Spreuke van C.J. Langenhoven

Подняться наверх