Читать книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven - Страница 26

Оглавление

Dis net so moeilik

om maklikheid in die ou wêreld te kry

as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou.

Jy kan nie op die aarde ’n ander kneg kry

vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy

uit die kleinste inkomste iets oorhou;

met verkwistery sal die grootste

vir jou te min wees.

Spreuke van C.J. Langenhoven

Подняться наверх