Читать книгу Takelwerk - Daniel Hugo - Страница 13

Vuurhoutjie

Оглавление

vir Peter Blum

ek maak my hande bak

om ’n vuurhoutjie se flak-

kerende son: die eerste god

in sy diep gewyde grot,

’n heilige vlam wat snak

en sputter en ongeblus

bly voortsmeul in sy nis

met die mens bang en stom

teen wat buite huil en grom

’n vuurtong lek aan my vel:

onthuts laat ek die houtjie val

Takelwerk

Подняться наверх