Читать книгу Takelwerk - Daniel Hugo - Страница 15

’n Kwessie van klem

Оглавление

die gesél wat my lewenslank gésel

wat my so genadeloos en verbete

kon kasty vir die gefuif met ’n pel:

my Calvinistiese gewete

Hervormer Calvyn was eng, suur en streng –

hy het sy volgelinge strykdeur gestrem

met sy dogma, hulle geleer om bang

te wees vir die kleinste verskuiwing van klem

van Calvinisme vry, het ek oplaas

geleer om my eie aksent te plaas:

’n appel is lankal net ’n appel

g’n niks appèl meer op my vrye wil –

maar dan onthou ek onwillekeurig

wat Eva met haar appel wou aanrig

Takelwerk

Подняться наверх