Читать книгу Takelwerk - Daniel Hugo - Страница 17

Memento mori

Оглавление

ek’s ’n deurwinterde appel

met ’n skil wat kort voor lank

verrimpel in die lente-

son op die vensterbank

die vleis is min of meer sappig

en my gedagtes het nog pit

maar onstuitbaar word ek

melerig, smaakloos, sonder fut

dan kom draai die muggies

geluidloos op soek na buit

om die karkas wat verkrimp:

wolk van vergetelheid

Takelwerk

Подняться наверх