Читать книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw - Страница 15
ОглавлениеDie gevaar vir so ’n huwelik is dat, teen die tyd dat die kinders groot is en die huis verlaat, albei die huweliksmaats so selfstandig ontwikkel het dat hulle mekaar nie meer nodig het nie en daar geen bindende faktor meer tussen hulle is nie. So ’n parallelle verhouding het die neiging om, wanneer die “dwarslêers” begin wegval, die “spoorstawe” van mekaar te laat wegbuig met gevolglike vervreemding tussen man en vrou.