Читать книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw - Страница 17
ОглавлениеVir enige huweliksgroei is dit belangrik om te besef dat jou huidige huwelik kán groei – al lê dit baie naby aan die N.T.-lyn. Jy moet besef dat julle ’n latente huwelik het wat verder ontwikkel kan word. Dit sal gebeur:
wanneer julle bereid is om weer te kyk na jul verbintenis (commitment) in Christus;
wanneer julle probeer om die ons-gedeelte van jul huwelik te vergroot;
wanneer julle verwagtinge van die rol wat elkeen in die huwelik moet speel (= rolverwagtinge) verander;
wanneer jy op die positiewe eienskappe van jou maat begin konsentreer;
wanneer julle ontdek dat liefde ’n verantwoordelikheid is;
wanneer julle jul luistervaardighede verder begin ontwikkel;
wanneer julle konflik gebruik om probleme op te los en mekaar beter te verstaan (eerder as verwydering te veroorsaak); en
wanneer julle jul seksualiteit gebruik om liefde/teerheid en waardering oor te dra.
Die ons-benadering
Ons het vroeër gesien dat ’n huwelik verryk word wanneer “ons belange” belangriker word as “my belang” of “jou belang”. Hierdie ons-benadering volg drie stadiums: die embrio-, die ontdekking- en die aanvullingstadium.