Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 10
ОглавлениеLees ’n artikel oor idees vir ’n garageverkoping. Voorspel eers waaroor die artikel gaan voordat jy die vrae beantwoord. Bespreek die artikel wat jy gelees het en hou dan ’n forumbespreking oor hoe julle vir ’n vlooimark kan voorberei. Lees ook ’n gedig oor ’n outydse winkel. Beantwoord vrae oor die gedig.
Gebruik die kenmerke van ’n artikel en skryf ’n koerantartikel oor julle vlooimarkdag.
Leer meer byvoeglike naamwoorde en hersien jou ander taalkennis.
Sluit die module af deur die drama “Die grot en die smokkelaars” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek te lees. Dis nou maar beter om nie met uitgeslape seuns te sukkel nie. Kyk of jy saamstem.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n artikel lees
vrae oor die artikel beantwoord
die byvoeglike naamwoord hersien en vrae beantwoord.
Al gedink hoe jy ekstra sakgeld kan verdien? Die volgende artikel kan jou met idees help.
Prelees: Voorspel waaroor die artikel gaan.
Lees die stelling in die middelste kolom en merk dan jou antwoord in die eerste kolom af. Nadat jy die artikel gelees het, merk jy weer jou antwoord in die laaste kolom af. Vergelyk dan jou antwoorde.
Voordat jy die storie lees. | Stelling | Nadat jy die storie gelees het. |
Stem saamStem nie saam nie | Die huis se garage word verkoop. | Stem saamStem nie saam nie |
Stem saamStem nie saam nie | Die mense verkoop al hulle items in die garage. | Stem saamStem nie saam nie |
Stem saamStem nie saam nie | Dit is soos ’n vlooimark met items wat mense nie meer gebruik nie. | Stem saamStem nie saam nie |
Stem saamStem nie saam nie | Die mense maak die garage skoon. | Stem saamStem nie saam nie |
Die volgende woordeskat kan jou help om die teks beter te verstaan.
afgeleefde – wat stukkend is en nie meer gebruik kan word nie
bespied – mooi kyk wat aangaan
harde kontant – geld
kennisgewingborde – inligtingsborde waarop jy inligting en kennisgewings kan plaas
kombuisware – items wat in die kombuis gebruik kan word
omskep – verander in iets anders
opslaantafels – tafels wat maklik opgevou kan word
uitgediende – wat nie meer gebruik kan word nie
voornemende – potensiële, moontlike kopers
wees altyd bedag – wees altyd versigtig en voorbereid op wat kan gebeur of wat aangaan
Tydens lees: Lees die artikel nou aandagtig deur.